Author Topic: 'n Aanbevelingsbrief  (Read 2506 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Aanbevelingsbrief
« on: March 12, 2013, 10:44:59 AM »
U het geskakel en gevra vir ‘n aanbevelingsbrief vir die kontrakteur, Jannie en die spoegspan, wat by my werk verrig het, wat u wil aanstel om opknappings werk by u te doen.

Volgens u het u reeds twee ander verwysings wat genoemde kontrakteur sterk aanbeveel.
Ek kan hom ten sterkste aanbeveel as u die volgende paar aanbevelings in gedagte hou.

1) Hierdie kontrakteur maak ‘n spesiale bankrekening oop waarin hy al die materiaalgeld inbetaal. Hy wend dit slegs net, en ek herhaal, slegs net vir u projek aan. Dis wat hy sê.  As u hom glo sal u nog self uitvind.
Dit is ‘n uitstekende idee om u eie benodigdhede en materiaal aan te koop. Hy kry wel 40% korting op alles wat hy aankoop, maar om verskeie redes sou ek dit nie aanbeveel nie. Een daarvan is dat dit nie nodig sal wees om ‘n deposito te moet betaal nie. Die materiaal is baie duurder as die arbeid.
 
2) Ek verstaan dat u die dak wil laat seël. Indien dit nog nie so erg lek nie, stel dit liewers uit vir nog ses maande. Indien dit dringend gedoen moet word, moenie die ou emmers wat u huidiglik onder die lekke gebruik, weggooi nie, u sal dit beslis later weer nodig kry.
 
3) Die tydsfaktor bring my by ‘n volgende baie belangrike punt. Maak baie seker dat u vir die volgende drie maande niks op u agenda het nie. Dit is werklik ‘n voltydse werk om seker te maak dat alles vlot verloop. Die manne is nogal rof met nuwe materiaal. Die nuwe geute kry maklik duike in en moenie bekommerd wees as dit blou geute is nie, hulle sal dit wel die kleur verf wat u wil hê.

4) Haal al die plante wat tot en met drie meter van die verfoppervlaktes af groei uit en plant dit in houers. Plaas dit baie ver van enige krane af, die son is baie warm en die manne drink baie water en loop heeldag daar by die krane verby. Ek hoop daar is plaveisel of iets, anders het u ‘n modderbad. O ja, moet ook nie vergeet om alles wat om die krane groei ook te verwyder nie.

5) Maak seker dat daar ‘n houer is vir verfverdunners en dat hulle baie mooi moet verstaan (almal van hulle praat een of ander vreemde taal) dat hulle dit, en slegs dit, mag gebruik vir die afval anders strooi hulle dit oor die blomme en grasperk. Wys sommer vir hulle 'n ou weggesteekte plekkie aan waarteen hulle die verfkwaste kan droog vee.

6) Almal van die werkers is ook Jacks of all trades, en masters of all. Die loodgieter kan verf en die verwer kan loodgiet. Skryf sommer stroke van plastiek op u lysie om ‘n gemors te verhoed. Dit gee nogal ‘n groot gemors af wanneer hulle na drie dae begin om al die verf wat lugblasies maak af te krap voordat hulle dit weer kan verf. Maak seker dat u ‘n leer het en ook ander gereedskap wat nodig mag wees. As u dalk 'n voltydse tuinjong indiens kan neem om net smiddae nadat hulle weg is gou al die gemors op te ruim, sal dit salig wees.

7) Indien u enige ornamente het wat naby die werksarea is, moet u dit liewers wegbêre. Haal die welkombordjie ook sommer af terwyl u besig is en verwyder enige buitematte voor die deure.
 
8) Dit is nie 'n goeie idee om u nuwe motor naby die werkarea te parkeer nie.
 
9) Maak seker dat die materiaal veilig gestoor word agter slot en grendel. EN u eie leer EN u eie gereedskap.

10) As u meer as een projek het, handel dit stuk stuk af. Die mense is baie gretig om te werk en elke ander outjie begin ‘n ander projek op 'n ander plek en ‘n mens kan tog net op een plek toesig hou. Dan maak u sommer seker dat die projek deeglik afgehandel is voordat ‘n ander begin word.

11) Maak in elk geval seker dat u ‘n ander kontrakteur byderhand hou vir wanneer u sien dat alles halfpad is en niks verder gebeur nie. Ten minste sal u darem nog die “deposito” hê om hulle te betaal.

12) Ongelukkig het ek nie meer tyd om nog wenke te gee nie. Ek kan net vinnig melding maak van ‘n paar kleinighede soos tee, koffie, kos, ens. Onthou die manne drink melk en suiker.

Mag u ‘n voorspoedige reis hê! Glo my, dit is ‘n ervaring waaroor u nog ‘n boek gaan skryf!

Voorspoed!

PM
NS  U moet voorsiening maak om die plaveisel te verf nadat hulle geverf het.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Aanbevelingsbrief
« Reply #1 on: March 13, 2013, 12:04:13 AM »
Vatso!!  :`ip2: So bekkie moet gelaaf worre!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Aanbevelingsbrief
« Reply #2 on: March 13, 2013, 05:05:38 AM »
dit moet koerant toe en Boek2 toe  :toothy4:
en pos die man vir my - ek het baie fustrasies om van ontslae te raak en moet by kick-boxing weer begin be-oefen op aanbeveeling van my kop dokter wat vergeet het om vir my weer smile-pille te gee ... ek meen maar net ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Aanbevelingsbrief
« Reply #3 on: March 13, 2013, 08:22:11 AM »
Stof het hierdie groep benoem.  Eendag terwyl ons een van die swartes dophou wat verf, sien ons hoe hy die verf wat hy teen die ruit mors, met spoeg skoonmaak.  Ons wou ons dood lag.  Vandaar Jannie en die spoegspan. 
Karin was ongelukkig om een oggend hier aan te kom toe ek en Jannie 'n onderonsie gehad het.  Dit was die laaste strooitjie wat die kameel se rug laat knak het.  Ons het betaal vir nuwe geute, maar dit wat hy opgesit het was vol duike en blou geverf.  Ek het myself soos 'n visvrou gedra.  Sy verweer was dat hy maar net gekyk het of die geute daar sal pas. 
Daardie ondervinding was 'n nagmerrie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n Aanbevelingsbrief
« Reply #4 on: March 13, 2013, 10:54:50 AM »
 :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w