• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gawie se Squisita braai ontbyt

Started by Terry, March 11, 2013, 02:31:42 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Duisend dankies Gawie vir hierdie heerlike resep.  Oorskiet braaivleis is altyd lekker!

Ek gee vir julle hier die resep soos Gawie dit vir ons gestuur het:

"Ek gebruik dikwels braaivleis wat oorgebly het, dan sny ek dit blokkies en braai dit saam met uie tot die uie gaar en die vleis lekker warm is.
Dan sny ek so 2 tamaties daarby en laat dit rukkie prut. Ek het al oorskiet aartappels bygesit en dikwels sny ek ook sampioene en groen pepers daarby in.
Dan maak ek sous met so halwe kop tamatiesous, kwart kop blatjang en bietjie worcestersous.
Roer als deurmekaar in die pan, 1 teel suiker (of na smaak) en sout en peper.
Ons eet dit saam met roosterbrood vir ontbyt of saam met rys vir ligte etetjie."

Meraai vannie Baai

Dit klink heerlik Gawie. Gaan beslis probeer as ons weer gaan kamp. Daar bly altyd vleisie oor.

PM

Wê-wê!  Ons het dit tog vir ontbyt gehad!   :hello2:  Dit was heerlik, saam met mieliepap!

:bootyshake:

Kyk hoe lekker sing die emme saam!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeee en waar is ekke gewees? Seker verrrrrrr, hoor hoe rrrrek ek daai errre  :icon_cheers:

PM

O aarde Raaitjie.   :sign10:
Jy het my in "steke" (stitches)  :icon_biggrin:  Moet dit net nie laat val nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Hie hie lekker lag ek nou vir julle. Saterdag s'n het ek met blik knoffel en gekapte tamaties gemaak en met al die drama, skoon van die blatjang en tamatiesous vergeet. Lol. PM se hemp se punt was baie handiger.  Bly dit eas lekker.

PM

Dit eas baie lekker gewees.   :icon_biggrin:
Laat ek eers vertel.  Gawie was redelik ontstel oor 'n ding en toe ek in die kombuis inkom was sy volspoed in trane.  Gelukkig het ek nog my jamies aangehad en toe gee ek sommer vir haar my jamies se toppie se punt om die snot en trane af te vee en toe lag ons te lekker.  Tussen my en Gawie en Raaitjie bied ons van ons hemp se moue tot broekspype en jamietoppies aan vir die pyn.  EN     dit werk elke keer!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Hierdie dis sal nooit weer dieselfde wees nie. Dankie tog vir "driepoot" maatjies.

PM

Ek pluk sommer Raaitjie se  AMEN  hier uit om dit te beaam. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My hart klop nou pure Squisita oppe driepoot :love7: