• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Perdevleis

Started by Naas, March 11, 2013, 11:04:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ienkie pienkie ponkie
Suid-Afrika eet nou donkie
Hiekerie diekerie dok
ons maalvleis is nou bok
Taragie taragoe
ons eet biltongkangaroe
Kul jou hie
kul jou daa
ons steaks is nou sebráá.

Viskoekies in die Baai
bestaan meestal nou uit haai
Daai hoender wat so dril
is dikwels krokodil
Die salami aan die hak
is Taiwannese brak
en sagte pienk polonie
is dalk net shetlandponie.

Maar dis
als die moeite werd:
die arme Britte
kry net perd...


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

 My dokter sê ek moet dophou wat ek eet, so ek het kaartjies gekoop vir die Durban July.

* Met al die vleisverwante openbaringe van verlede week, sien ek met
verwagting uit na wat ons gaan hoor van Black Cat-grondboontjiebotter...

* Kosetikette sal nie langer 'kilojoule-inhoud' gebruik om die
energiewaarde te beskryf nie, dis nou 'perdekrag'.

* O die donkie, o die donkie
o die donkie is 'n wonderlike ding.
Hy rek die mince en
maak meer wins
O die donkie is 'n wonderlike ding

* Al die dames wat nog wag vir haar ridder op die wit perd gaan aan met jou lewe, jou perd is opgevreet:

* Julle mense moet nou ophou donkie- en perdevleis eet. Ná die
81c-petrolverhoging gaan ons met die goed moet RY...
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ons dag is nou vol lag.  Dankie Naas, jy bly maar ons humorkoning. 
Hannes is baie lief vir grondboondjiebotter, maar hy seg hy sal nou na 'n ander "brand name"
moet kyk.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hoe het Miss Piggy altyd geskryf? O hallie ha! Die ouvrou is nou verkrukkeld gelag.  :headbang:

PM

Ja, dit was haar lyntjie en ek steel dit graag so nou en dan en dan dink ek aan haar en ek gelang vir haar. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


PM

Fransi, ek wens die ander wil jou voorbeeld volg en kom tanne wys!   :icon_biggrin: :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

En skielik kry die ou uitdrukking van 'oge wys' 'n splinternuwe gedaante.  :icon_biggrin: Die en sal nooit weer vir my iets anders beteken as 'kom wys bietjie tanne' nie!

PM

Ek wou sê oge maar toe sien ek die outjie se oge is dig gesluit van die lag.   
                                                     :icon_biggrin:
Myne gaan ook so toe as ek lag. 

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek word so vies vir myself as ek so toeknypoge-lag want mens mis baie van wat om jou gebeur  :icon_biggrin:

Ah Willa

Naas het jy onderstaande gedig self geskryf - ek het dit op iemand anders se wal op facebook gelees en geen erkening aan jou is gegee nie - moet ek hulle gaan opdons??  Persoon se nie hulle of wie die gedig geskryf het nie .. dis so snaaks en prettig - die gedig ek bedoel  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#11
Die gediggie was ook geplaas in die nuutste uitgawe van Peterjasie (180)
http://www.peterjasie.co.za/patriot180.html  en het so daarin verskyn
sonder enige erkenning aan die skrywer:

O, die donkie

Ienkie pienkie ponkie
Suid Afrika eet nou donkie
Hiekerie diekerie dok
ons maalvleis is nou bok
Taragie taragoe
ons eet biltong kangeroe
Kul jou hie kul jou daa
ons steaks is nou Sebra

Viskoekies in die Baai
bestaan meestal nou uit haai.
daai hoender wat so dril
is dikwels krokodil
Die salami aan die hak
is dalk ʼn Taiwannese brak
en die sagte pienk polonie
dalk net ʼn Shetland ponie
maar dis als die moeite werd
die arme Britte kry net perd

In die nuusbrief word die volgende ook geplaas:
Net om te laat weet dat ek enigiets wat ek in my epos ontvang en wat ek voel hier geplaas kan word, dit plaas ek. As daar dalk kopiereg op is laat weet my, dalk haal ek dit af.

Teken hier in op die nuusbrief: http://www.peterjasie.co.za/nuusbrief.html

Kontak my per epos: peter@peterjasie.co.za

Rainier


PM

Nou praat jy, maar sommige vleis is net vleis as jy werklik baie honger is.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Nee nie my gedig. Het maar net gedeel.
Ek is maar net een, maar ek ís een.