Author Topic: Drome  (Read 3508 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Drome
« on: March 08, 2013, 04:10:07 PM »
waar waterstrome
mekaar oorstroom
waar waterkolke
mallemeulens vorm

deurmekaar geskommel
deurdrenk in waterskuim
gemeng, gevorm, gewoel
tot waardelose druppels

bruisend, malend
woed skuimende waters
om later kalm in strome
weg te vaar

na onbekende lande
daar waar my drome
in strome beland
hopend gevang word
deur veilige hande

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Drome
« Reply #1 on: March 10, 2013, 04:25:41 PM »
Baie mooi Ans.  Jou plekkie in die boek word al groter.  Indien jy enige foto's of prentjies het wat hierby sal gaan kan jy dit gerus vir my stuur. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Drome
« Reply #2 on: March 10, 2013, 04:50:33 PM »
Dankie PM ek gaan vir jou so maak.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Drome
« Reply #3 on: March 12, 2013, 05:28:51 AM »
Ek het dit ook geniet Ans.  :notworthy: :icon_salut:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Drome
« Reply #4 on: March 12, 2013, 03:58:12 PM »
Dankie Meraai ek waardeer dit baie

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Drome
« Reply #5 on: March 19, 2013, 04:25:42 PM »
Hoe lyk hierdie foto vir jou PM?

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Drome
« Reply #6 on: March 20, 2013, 02:16:45 AM »
Ja nee Nig Ans, ons word algar weggevoer saam met die strome van Drome om eendag in 'n kalme meer tot ruste te kom.Ek het gelike Nig! Doet zoo voort! :toothy4:
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Drome
« Reply #7 on: March 20, 2013, 08:18:14 AM »
Ek het vir jou 'n blaadjie gemaak en aangestuur Ans.  Laat weet maar wat jy daarvan dink. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Drome
« Reply #8 on: March 20, 2013, 03:22:11 PM »
Dankie Joe, Ek waardeer baie.