• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Verspoelde landery

Started by Meraai vannie Baai, March 02, 2013, 03:15:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai







Vanoggend het ons oral boere gesien sit in hulle voertuie langs die versuipte landerye, wonder ek wat gaan deur so boer se gedagte? En as daar met hulle onderhoude gevoer word, laat hulle moed vir die toekoms my beskaamd staan.

Vertel goeie vrind in die kaap, Johan Mulder, my die volgende staaltjie:
"Toe ons destyds in Douglas geboer het het n haelstorm erge skade daar in die kontrei gemaak. Die man, Oom Helgar Otto seg die koring is na moer geslaat en hy kan dit nie eens gebruik vir perrekooigoed nie. Die verslaggewer vra toe hoekom nie. Hy seg die are het baard en die steek die perre so dat hulle in die oggende stokflou is van gaat leg en opspring!"

PM

Wow, dit is baie hartseer Raaitjie.  Baie dankie vir die foto's matertjie.  Ek glip net so nou en dan hier in, elke kansie wat ek kry.  Ons gaan middag vir Ouma Naas sien.  Sal kom vertel wanneer ons terug is. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons plekkie geboek om te hoor hoe dit met haar gaan liefste matertjie. Dra asb ons liefde en gesondwordwense oor!!

AB

sjoe aan die een kant verbrand australie en anderkant verspoel dit.