• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sit mors non superbum - "Dood wees nie trots nie"

Started by Marius, February 22, 2013, 04:33:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Sit mors non superbum
(Dood, wees nie trots nie)

Odin onderbo staar ons
hoe sy arcana 13 val.
“Sit mors non superbum”,
sy was, en dit was al.

Nou sit uil en raaf en arend,
oor die wit duif en die knal.
“Sit mors non superbum”,
krake in sy dyk se wal.

O boerekind van skoppe!
O krimpende heelal!
“Mors sit solum tristis”,
amen, amen, et al.

Kopiereg Marius Buys 2013

* Odin - Die gehangde man is Tarrot kaart nr. 12
**Arcana 13 - Die Dood is Tarrot Kaart nr. 13
*** Die Uil (regter), raaf(beskuldigde), arend(aanklaer) en wit duif (oorledene asook onskuld)
****"Mors sit solum tristis" is Latyns vir: "Dood, treur slegs."

Die Gehangde Man:
Opoffering - Laat gaan – Oorgawe - Passiwiteit
Opskorting – Aanvaarding – Afstanddoening - Geduld
Nuwe insig – Kontemplasie - Innerlike harmonie
Konformisme – Onaksie – Wag - Opgee

Die Dood:
Einde van 'n siklus - Verlies - Slot – Diep Treur
Metamorfose - Sielkundige transformasie
Afwerking - Hergeneer - Uitskakeling van ou patrone
Vasgevang in die onafwendbare - Groete - Diepe verandering

PM

Goed deurdink.  Ek hoop nie jy stop by no. 13 nie Marius.  Sjoe, dit is baie dubbelsinnig gestel, ek bedoel ek wag vir die uitleg van die res van die pak.   :icon_biggrin:

Fransi ek sal graag ook een van jou kant af wil sien. 
Om te weet is om te verstaan.

Marius

#2
Daar IS dalk 'n byvoeging tot die gedig moontlik, maar ek dink dit sal later geskryf word...in elk geval moet ek dankie se vie Fransi vir die inspirasie oor die Major Arkana.