• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys - Woordelary

Started by Marius, February 22, 2013, 11:16:50 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Woordelary

Die vyf dekades wat ek nou lewe,
een jaar geneem daaroor te skrewe,
met afgeskaalde lewensstandaard
betaal vir tyd vir skryf en als gepaard.
Kreatief gekook, gebak, gebrou
die papier my stoof van my vir jou.
Van DS- na TOP- na geen TV
my kykgenot aan dink gegee.
Alleen geloop, gefliek, gevry
gesoek na muus' en waar sy bly.
My honde darem, was gespaar
vir vryf as faal my trane baar.
Ja, deur winterkou se bib en bewe
was bundeltjie geboort' gegewe
en op my hardgewonne loodsings-dag
vra jy wragtag dan - vir nóg afslag!

PM

Ek lief dit!  Ek wil ook graag weet waar muus bly.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.