Author Topic: Sommer 'n klomp limerieke  (Read 22431 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Sommer 'n klomp limerieke
« on: February 21, 2013, 10:40:03 PM »
(limerieke)

O wee die jong kadre Malema,
deesdae drink hy heelwat Grandpas,
die probleem is jy sien,
hy 't sy sterre gesien,
sonder spieel met President Zuma!

Daar bly stoute vroutjies in Brakpan,
wat outjies gaan vry by die dorpdam,
word hulle gevang,
dan skree hulle bang:
"konstabel se tog net niks vir my man man!"

Ken jy die fyn knapies van Kaapstad,
wat loer in toilette en kansvat?
Oppas net my ou pel
as ‘n “fun guy” jou bel
jou nommer’s op ‘n deur by die swembad!

Hy in die tjoekie, ons kop in die war,
die cop is gefire, die hofsaak ‘n nar,
Kom daar ‘n movie,
oor mister groovy?
Is hy genomineer vir ‘n Oscar?

There was a goldminers daughter from Springs
who liked hanging off poles and things,
said she to her bud,
o dammit crud!
I keep tearing my frilly new G-strings!

Daar was eers 'n inry in Nigel,
waar ouens gaan fliek met Kay Whygel,
maar hy's deesdae toe,
want vry's mos taboe -
nou drink hulle bier by die hotel!

O daai stoute vroutjie van Noorweë,
haar man stook ‘n trein vir die spoorweë,
en hoor sy die toet,
weet haar skelm goed,
laat waai want dis nou tyd vir oorgee!
« Last Edit: February 23, 2013, 11:42:21 AM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: limeriek
« Reply #1 on: February 22, 2013, 05:12:42 AM »
O gatta patatta.   :angel4:

Hier het ons nou weer met daardie bronne te doen wat so verskil van mekaar.

Kyk wat sê Philip de Vos van die limerick. 
http://storiewerf.co.za/skryf/limericke_philipdevos.htm

'n Ander bron:  rhyme: a-a-b-b-a with a syllable structure of: 9-9-6-6-9. 
http://www.creative-writing-now.com/how-to-write-a-limerick.html



« Last Edit: February 22, 2013, 05:24:05 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: limeriek
« Reply #2 on: February 22, 2013, 09:48:57 AM »
Dankie vir die skakels, ek geniet Phillip se wenke terdee!

Gedigte is wel water wat mens in 'n spesifieke glas ingooi sodat die water dan die vorm van die glas aanneem sodat die leser kan weet waaruit hy drink en wat om te verwag maar die vorm moet nooit supratief teenoor die effek van die gedig staan nie. Selfs ou en gevestigde digters volg nie alle voorskrifte slaafs na nie, veral nie as daar soveel denkrigtings daaroor bestaan nie. Ek hou egter van die 9/9/6/6/9 sillabe aanslag ek het tot dusver al my lirieke as 9/9/5/5/9 geskryf bloot omdat ek dit geskoei het op die stoute klassieke wereldbekende limeriek "There was a young lady in Norway". As iemand erens egter formeel verklaar het dat 9/9/6/6/9 die korrekte glas is om my limerieke water in te gooi, wie is ek om te stry. Ek probeer nooit om my gedigte te veel te verdedig nie en mens hou nooit op met leer nie. :)
« Last Edit: February 22, 2013, 10:09:27 AM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: limeriek
« Reply #3 on: February 22, 2013, 10:15:55 AM »
Jy kan enige glas kies wat jy verkies.  Ek hou van 'n groot, en ek bedoel groot, bolronde rooiwynglas met 'n nou bekkie dat ek elke geurtjie kan inasem.   :icon_biggrin:

Natuurlik is daar verskillende maniere om te soen en soveel sal met jou saamstem dat digtersvryheid gekom het om te bly.  As 'n mens vir die pret skryf kan enigiets gaan. 

Wanneer ons egter 'n gedigstruktuur "oefen" (hier op die forum) is dit om ons denke 'n bietjie uit die kassie te skud en die lui breinselle weer in die regte rigting te dwing.  Almal neem nie deel nie, want hulle hou nie van gedigstrukture nie.  Vir my is dit altyd 'n groot uitdaging, want ek is net 'n rymelaar en nie 'n digter nie.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: limerieke
« Reply #4 on: February 22, 2013, 12:12:15 PM »
Ek het so paar ou limerieke by die oorsprongklike plasing bygevoeg... verskoon tog die 9/9/5/5/9 i.p.v. 9/9/6/6/9 struktuur. Dis my maar eerste pogings. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: 'n klomp limerieke oor stoute mense
« Reply #5 on: February 22, 2013, 01:48:10 PM »
Kostelik.  Is hy genomineer vir ‘n Oscar?    Skerp!   :icon_biggrin:
Ek dink altwee strukture kan seker gaan.  Meraai van die Baai is ongelukkig weg tot na die naweek, dan sal sy weer kom saam gesels.  Van ons ander maters het ernstige probleme en ek vertrou dat hulle gou weer sal kom saam kuier. 

Ek sal gaan kyk by die gedistrukture waar ons met die limerick gespeel het en vir jou die skakel kom vasmaak. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #6 on: February 25, 2013, 06:29:58 AM »
Marius die ene van jou sal wonderlik inval by ons Tragiekdigstruktuur (PM se woord)  of te wel die Afrikaanse weergawe van die Lampoon waar ons die spot dryf met groepe, politieke figure ens. :`ip2:

O wee die jong kadre Malema,
deesdae drink hy heelwat Grandpas,
die probleem is jy sien,
hy 't sy sterre gesien,
sonder spieel met President Zuma!

 :notworthy: :icon_salut:

PM ek soek en soek na waar ons gewoeker het met die limerieke maar kry nie 'n enkele woordspoortjie nie, by die woesforum is daar ook nie meer 'n strukture afdeling nie ek weet dit was een van die eerste digvorme waarmee ons gewoel het daar.  :dontknow:
« Last Edit: February 25, 2013, 07:35:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #7 on: February 25, 2013, 07:23:23 AM »
Ek sal gaan soek en plaas, dankie. :)

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #8 on: February 25, 2013, 07:36:27 AM »
Lig myse hoed en knak die knieg!  :notworthy: :icon_salut: Lief jou skryfstyl Marius.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #9 on: February 25, 2013, 07:38:56 AM »
Hierdie is 'n bladsy uit boek een "Rooiwyn Kaggelvuur en Vers" Raaitjie.

Die Limerick
 
Al die volgende benamings kan gebruik word:  limericke/ limericks, sowel as limerieke/limerieks.

Die limerick bestaan uit vyf versreëls.  Die rymskema van die limerick is aabba, dus rym die laaste woorde van die eerste, tweede en vyfde reëls met mekaar,  so ook weer die laaste woorde van die derde en vierde versreëls.

Die limerick se aantal lettergrepe in die versreëls is as volg:  8-8-5-5-8

Deesdae is daar 'n neiging om weg te breek met die streng toegepaste reëls.  Jy kan minder of meer lettergrepe gebruik: 7-7-5-5-7 en/of 9-9-7-7-9

Koningin Cleopatera
ook maar skaam toe die prins haar dra
eers wou sy niks weet
toe kry sy hom beet
so die prins moes maar ouers vra.
           © Naas

Daar was ‘n man van Gibraltar
sy vrou was groot soos ‘n altaar
toe hy wil offer
pak sy sy koffer
en jaag hom trug na Gibraltar
          © Naas

Die meisie kom van Durban af
haar kerrie sal jou keelgat straf
trou ‘n boere ou
dié sê magtag vrou
voer jy my na ’n vroeë graf?
          © Naas

Piet Muis en sy kroos sit en eet
die kat kom om hul te wil vreet
toe Piet begin blaf
skrik kat sy sit af
gelukkig twee tale te weet
© PM
 
Komkommerkoel van boggombaai
sit op ‘n stoel en eet sy slaai
verby seil ‘n slang
hy word baie bang
en spring sommer bo-op sy braai
© Len Kriel

In Gatkantland woon Meraai
Sy was voorheen vannie baai
O my liefste ma ...
En my oorle pa ...
Dis waar Ausies koning kraai!
© Meraai vannie baai

'n Swaeltjie van vêr se vlug
bou 'n nes hoog in die lug
skud haar fyn veertjies
volgens die reëltjies
huisie hang nou onder die brug.
© adéle

Hand aan hand stap Antjie Patat
saam met Kleinjan in die stofpad
sy hou haar groentjie
en jomps 'n soentjie
Jansalie lamsak skrik hom plat.
© adéle

Bo in die boom sit oupa uil
hy moet net keer want hy wil huil
hy soek na sy vrou
'n huis wil sy bou
net more gaan hy haar verruil.
 © adéle

In Baberspan het ons gaan kamp
en vis gebraai met sous en samp
en kan jy nou meer
van visvang wil leer ...
geflous deur 'n baber se amp!
© SueEe
« Last Edit: February 25, 2013, 09:28:14 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #10 on: February 25, 2013, 07:42:22 AM »
Ek kan dit nerens meer opspoor op die forum nie, geweet ons het dit gehad  :book1:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #11 on: February 25, 2013, 07:43:37 AM »
...en vir my werk die (Ta TumTum!) beter aan die einde.(Maar wissel ook na gelang van die limeriek.)

Persoonlik dink ek dat as dit nie natuurlik in die vorm inpas nie die "je ne sais qua" van die limeriek voordeel moet trek bo-oor gedwonge inpas van sillabes.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #12 on: February 25, 2013, 07:45:53 AM »
Dit is die slaafse najaag van vorm wat limerieke so dik saai van onnodige modale hulpwerkwoorde om by die vorm in te pas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #13 on: February 25, 2013, 09:40:00 AM »
Ek is 'n woordslaaf en slawe slaaf.   :icon_biggrin:  Dit is hulle werk!   :icon_biggrin:

Vir my gaan dit oor die uitdaging, die plesier om te slaag en die breinoefening.  Soms sit ek dae en top oor 'n woord wat 'n frase moet vervang, omdat die struktuur daarna vra.  Daaruit word soms nuwe woorde gebore.  Natuurlik is jy reg as jy sê dat dit vir my baie lekker is wanneer iemand my op die skouer klop en seg:  Wel gedoet!   :angel4:

Ek en metrum was nog nooit vriende nie, maar die limiriek het my 'n bietjie vriendeliker daarteenoor gemaak. 

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Sommer 'n klomp limerieke
« Reply #14 on: March 02, 2013, 11:34:56 AM »
(limeriek)

Hie ha hie ha - resessie vleisbraai.
Wat ons eet sou net Sangoma kon raai,
want wat ons nie sien,
en wat gasheer bedien,
is lekker donkie-tjoppie en slaai!

Joe! Daai liewe minister Lulu.
Sy maak die Calvyne koe-koe.
Nou soek hulle haar kop.
Haar job het geflop.
Haar mond kort ‘n was oor daai boe-boe!


Ken jy die ou met Lisdeksia?
b’s en p’s ruil het hom min gepla.
Maar sy juf het ontplof.
Sy opstel was te rof.
Oor daai volk van Boesmanlandia!  



O so dun is die beursie en kaal.
As die staatsman sy pond vleis kom haal.
Dit was destyds so.
Nog steeds, kan jy glo.
Is wet van Transvaal - Taks en betaal!


O hoe koud is die windjie en skraal.
As die donker ou man haar kom haal.
O my gonnatjie Griet!
Dis ook g'n wonder Piet!
Die flerrie is dan half blerrie kaal!

 :glasses9:
« Last Edit: March 02, 2013, 11:37:15 AM by Marius »