• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Piesang en roomkaas broodjie

Started by Terry, February 21, 2013, 11:56:21 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Bestanddele:

113g Sagte botter
80g Strooi Suiker
113g Sagte roomkaas
3 Eiers
1 Teelepel Vanilla geursel
125g Plein meel, gesif
1/2 Teelepel Bakpoeier
1/2 Teelepel See Sout
95g Fyngedrukte piesang (hoe ryper die piesang, hoe sterker is die piesang smaak).

Metode:

Klits botter in 'n bak met 'n elektriese klitser.
Gooi bietjie vir bietjie die suiker by en meng deeglik tot jy 'n sagte mengsel het.
Meng dan die roomkaas by en meng verder.
Voeg eiers een vir een by en meng deeglik na elke eier bygevoeg is.
Meng Vanilla geursel by.
Voeg die fyngedrukte piesang by en meng goed.
Sit dan jou gesifte meel, bakpoeier en sout by en meng op laag met die elektriese klitser.
Gooi mengsel in 'n goed botter gesmeerde broodpannetjie en bak teen 180grade vir 45 minute.
Laat die broodjie afkoel voor jy hom uit die pannetjie haal.

1/2 Koppie fyn gekapte neute van jou keuse kan ook gebruik word en bygevoeg word na die meel.

Bedien op met lekker botter en geniet!

PM

Baie dankie Terry, jy is 'n doring.  Ek sal beslis hierdie broodjie geniet. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi