• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Nuwe gedigkompetisie

Started by PM, February 13, 2013, 09:22:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ouens, Hannes het R200 belowe vir die wengedig, op voorwaarde hy doen die beoordeling.  :angel4:
Dit hou 'n paar voordele in.
Ons stuur die gedigte na  pm@afrikaanseforum.co.za  waarna ek alles sal uitdruk sonder om digters se name by te voeg.  Hy lees dit en kies een.  Natuurlik sal dit die gedig wees waarvan hy die meeste hou en aangesien hy nie een van ons se skryfstyle ken nie, sal dit regverdig geskiet.
Daarna sal ek al die deelnemers se werk kom plaas en lekker daarom kuier.  Ek herhaal, geen gedigte mag op die forum verskyn voordat die wenner nie aangekondig is nie. 

Tema
Seisoene

Struktuur
Jy kan enige struktuur of rympatroon toepas, nes jou hartjie begeer. Jy mag soveel gedigte met hierdie tema instuur as wat jy wil. 

Spertyd
Einde Februarie.

Digters moet asseblief hul werk instuur soos wat hulle dit self geskryf het en nie nadat iemand anders dit geredigeer het nie.  Ons sal na die kompetisie elke werkstuk neem en daaraan skaaf en skuur.     

Indien enige iemand nog voorstelle of vrae het sal ek dit graag wil hoor.

:love7:
:bootyshake:




Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dankie PM, ek sal solank begin te dink aan seisoen-woorde. :-)

PM

Ek weet dit sal treffers wees Fransi.   Sien uit daarna om almal se inskrywings te ontvang.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My plek geboek in voorste gestoeltes en soos Fransi sal ek ook  :icon_scratch: en loer wat kruip uit die woordgatjie  :headbang: Opgewonde soos 'n tiener op Vaaltynsdag  :icon_biggrin:

Trapsoetjie

Wil net hoor, wat is die sluitings datum?

My gedagtes is net te vol, kan nie eers een sin bymekaar kry nie. Ek wil wel probeer. Dalk help dit weer om alles hierbo in die malkamer te kalmeer.  :icon_scratch:

:angel12:

PM

Wow, heerlik om jou raak te lees matertjie.  Jy is net betyds, ek was oppad om jou onder die bed uit te sleep!   :icon_biggrin:

Aangesien dit ook nou dol gaan met my sal ek die sperdatum maak vir die einde Maart.  Daar is nog 'n paar ander ouens wat uitstel gevra het. 

Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

PM waar plaas ons hierdie gedig?

PM

Jy stuur dit per e-pos aan pm@afrikaanseforum.co.za matertjie.  Na die wenner aangewys is kan ons dit op die forum plaas. 
Om te weet is om te verstaan.