• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons blyplek in Port St Johns

Started by PM, February 12, 2013, 03:43:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier is 'n paar foto's van waar ons nou bly. 

Die onderste foto's wys al mamma kolgans se 10 kinders.
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina


Meraai vannie Baai

Dis prrragtig PM. Lieffff die dierelewe en natuurtonele ewe veel. Geniet matertjie en kom vertel wat vang julle aan!

Fransi


PM

Soos wat julle op die foto's kan sien, was dit bewolk toe ek dit geneem het. Die rivier loop tussen twee berge deur en wanneer die son sy kop uitsteek dan is dit soos 'n sauna. 
Die kamers is baie klein en daar is min spasie tussen die bed en die houtmure.  Maandagaand het ek toe soos 'n swaap, my voet teen die bed se poot gestamp en ek sweer daar is tien tone aan die een voet gebreek.  Dit lyk soos 'n papmpoen geswel en pyn 10 jaar in my toekoms in.  DIT   is baie pynlik.  Hannes sal vandag iets in Mthatha gaan kry vir die pyn, want ek glo nie 'n mens kan iets daaraan doen nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Wat het van die spoegies en beterwordsoentjies geword, dokter oumas nie meer met spoegies en soentjies  nie?   :icon_biggrin:

Daar sien ek my vingerfoutjie  pap-m-poen.   :color:

Hannes kon toe Panamore setpille kry en nou is my tone geset.  Ek is getoonset.   :icon_biggrin:
Lekker bederf ook.  -  "Jy sit net daar, ek sal dit doen!"    :icon_biggrin:

Vanoggend toe ons wakker word is alles toegemis.  Dit het gelyk of die stoep 'n wolkombers om het. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Midde jou pyn en ongemak is ek verkrukkeld gelag .... daar was setpille in die prentjie en Hannes wat ewe gewillig hulp aanbied met alles wat geset moet word, toon ingesluit LOL maar die afronding die volgende oggend toe alles toegemis is, plaas die kroon op die prentjie  :bootyshake:

PM

Ek is bly jy het dit geniet.   :icon_biggrin:  Die voet voel regtig vanoggend baie baie beter, maar moenie vir iemand sĂȘ nie, dalk kan ek nog 'n rukkie lyfwegsteek.   :angel4:

Reg is ek ook meer dikwels as verkeerd.   :angel4:  Ons oudste is oppad hierheen om my verjaarsdag saam te fier.  Is nie veronderstel om daarvan te weet nie, maar nou-ja, my neus is nie verniet so lank nie.
Oudste noem my mos Pinnok.   :icon_biggrin:

Hannes en sy mense wag nou al twee dae vir Eskom om net hul goedkeuring op die voorgestelde prosedure te gee.  Ai, ek wonder of hulle weet hoeveel geld dit kos. 
Om te weet is om te verstaan.