Author Topic: Ek willie  (Read 1591 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Ek willie
« on: February 09, 2013, 01:18:15 PM »
k willie

ek willie my treë nog langer rek nie
ek willie 'n ander mens se pad bewandel nie
ek willie ander se gedagtes dink nie
ek willie vaalgekoude woorde spreek nie
ek willie saam met die "regte" mense braai en drinkie
ek willie iemand anders se lewenslesse leer nie
ek willie meer oor my skouer kyk nie
ek willie wonder wat ander van my dink nie
ek willie wonder of my volgende opmerking iemand se brose ego skaad nie
en ek fokken willie meer verantwoordelik­ gehou word vir die hele flippen wêreld se gatkruipernonse­ns nie.

Ek willie want my naam issi lissie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Ek willie
« Reply #1 on: February 09, 2013, 01:20:52 PM »
Nou het ek lekker gelag.  Dit is kostelik, so uit die hart geskryf!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.