Author Topic: Hallo Forum Familie  (Read 5179 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Hallo Forum Familie
« on: February 02, 2013, 09:02:15 AM »
Hallo Almal

Ai julle, ek wil so graag elke dag kom inloer - maar Vadertjie tyd is so ongeskik met my tans.  Soos julle mos weet is ons direkteur van tydsake - Theo in Sept 2012 met Autism gediagnoseer . Dit gaan baie goed - ver bo verwagting, maar ons pas aan by nuwe dinge om hom te help  en daarom word ons tyd ingesluk nog voor ons kan kom hallo se.

Ek sluip so van tyd tot tyd hier in net om te lees en my siel te voed en soms borrel lag tyd vriendelik, dan kuier ek lekker saam.

Ons het nou met die HANDLE program begin - so 20 min elke dag - vol brein ontwikkeling.  Onnies en ouers en groot-ouers - die program is goed vir almal - groot en oud, maar veral kindertjies met special needs of leer probleme.  Theo is bo-gemiddeld intelegent (vollgens die slim outjies) en die Autism hou sy spraak vas - maar hy gaan binnekort begin praat - al die tekens is daar.  Daarom is dit belangrik om sy volle brein te ontwikkel en om te leer om elke stukkie van dy brein te gebruik.  Dis nogal fun ook ... ons is by Jennifer van MindStretch wat 'n HANDLE practitioner is ... gaan loer hier : http://mindstretch.co.za

Dan gaan ons ook die REACH program volg - ek doen in Junie 'n tutor kursus - ek moes dit nou in Jan gedoen het, maar was net te oorlaai met te veel inligting van oral oor ... so ons begin in Junie - : http://www.reach-autism.com

Ek het al my ander dinge bedank - soos al die animal welfares en Moebius Syndrome Foundation Africa - ek help hulle nou net met die webtuiste en hier en daar 'n ietsie ... sodat ek net op Theo en Autism konsentreer en natuurlik, tyd kan he vir die Forum, dig/skryf en ek maak nou partytjie theme's vir toddlers ... en begin met klein houtwerk projektjies ... wou mos nog altyd met hout werk ... eendag gaan ek my eie kaste ens maak.

nou ja, ons het nog 5 honde oor na al die fostering ... maar gaan nie meer foster nie.  Die couple in die woonstel het nog 3 honde wat ook permanent by hulle sal wees - Levi is eintlik al afgetree ... dink sy het so 'n jaar se lewe oor ... hulle het ook nou die foster-takie vir eers opgegee.

Ons beplan hulle troue in April op 'n 0 budget - en ons het al die blomme - ek bou 'n webtuiste daarvoor en haar rok en ons maak die decor en wedding favors self.
Dis nogal lekker om te sien hoe alles bymekaar kom, al is daar geen geld om van te praat nie.  Waar 'n wil is, is 'n weg ....

Die was net so 'n vinnige update op ons en hoekom ek met groot rukke stil is .... Facebook stuur gereeld vir my boodskappe om te se my vriende soek my ha ha ha

weet net, dat hierdie forum-familie in my hart is en dan ek elke oomblik wat ek het, sal kom kuier

mooi daggie almal

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Hallo Forum Familie
« Reply #1 on: February 02, 2013, 10:52:44 AM »
Dankie vir die inligting Wils.  "Die direkteur" is so 'n pragtige seuntjie.  Ek weet hy kan praat, onthou jy nog hoe hy met my "gesels" het toe hy nog 'n ou babatjie was.  Land en sand! 
Ons vertrou dat hy sommer gou sal baat vind by al die nuwe programme.  Sterkte ook vir julle, dit is 'n uitdaging!

Ek weet met jou aan die stuur sal die troue 'n reuse sukses wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hallo Forum Familie
« Reply #2 on: February 02, 2013, 11:10:05 AM »
Dit was baie lekker om weer van jou te kon hoor. Baie sterkte met alles wat gedoen moet word en ek hoop Theo praat binnekort. Geniet die hout. :-)

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hallo Forum Familie
« Reply #3 on: February 02, 2013, 02:51:58 PM »
ek wil vir jou skrywe 'n 'like' gee ...
sterte, julle kry soveel genade van Bo ... en omdat jul dit skep, gaan dit maklik

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hallo Forum Familie
« Reply #4 on: February 02, 2013, 07:04:50 PM »
In hierdie fototjie - in Jan 2013 geneem - lyk Theo nes ek as 'n dogtertjie van 4/5 gelyk het - maar hy het ook so baie van sy pa in hom ...

ek sal iewers meer foto's op sy Facebook album laai en met julle deel ... en ek sal meer oor die troue se beplanning kom deel ... in tyd  :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Hallo Forum Familie
« Reply #5 on: February 03, 2013, 08:12:03 AM »
Willa, hy is werklik 'n aantreklike outjie.  Dit sal baie gaaf wees as jy 'n onderwerp begin waarin jy vir ons leer van Autism.  Wat behels dit alles?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hallo Forum Familie
« Reply #6 on: February 03, 2013, 10:40:28 AM »
Ek sal bietjie begin vertel in tyd ... dis 'n wye spectrum en nogal baie intersant - elke geval is uniek - so mens kan nie Autism inbox nie .. nes mens geen mens kan inbox nie ... maar ek sal bietjie begin met dit wat ek reeds weet, en dis maar 'n druppel in die emmer ...  :icon_bigsmurf:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w