Author Topic: Psalm een-honderd-en-neëntien  (Read 4270 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Psalm een-honderd-en-neëntien
« on: January 29, 2013, 10:09:38 PM »
Dit was belooft’ ’n Sondagmôre
van uiterste hitte te wees
met die preekstoel teen die nis
waarvandaan Dominee uit Psalms moes lees.

Hy het, na Moses se kliptafel-wet,
sy hande soos in hekel-gebed saamgevou,
sy oë eers gesluit en toe diep ge-asem
want hy had baie daarvan nodig nou.

En na die lange hoofgebed
waartydens, van die droogte tot die regering,
opgetel en gedra is tot by ons Vader
en om die Kruis is neergekring

het eerwaarde Dominee die Bybel
oopgeslaan en in die middel rondgesoek
na Psalm een-honderd-en-neëntien,
die [sug] langste hoofstuk in die Boek.

Dit was belooft’ ’n Sondagmôre
van uiterste hitte te wees
en halfpad deur die Hollandse preek
het ek ’n slaapskrif aan die muur gelees.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #1 on: January 29, 2013, 11:07:02 PM »
 :toothy4: :evil6: :`ip2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #2 on: January 30, 2013, 07:06:16 AM »
Dit kielie my lagspiere Adéle.  Goed geskryf matertjie. 

hekel-gebed  te oulik
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #3 on: February 02, 2013, 02:53:29 PM »
hierdie gediggie van my is afgebedel ... deur Myra vir haar nuwe bundel ... ek voel so bevoorreg

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #4 on: February 02, 2013, 05:13:11 PM »
:-) Pragtig geskryf. Lekker glimlag ek nou.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #5 on: February 03, 2013, 08:38:41 AM »
dankie julle.
PM, ek wou daardie hande op 'n manier beskryf en dink toe aan die gehekelde lap van samegevoude hande in 'n raam, wat ek al by so baie mense gesien het. maar ek wonder of ander lesers dit so sal verstaan?

 :grommit:
« Last Edit: February 03, 2013, 08:57:42 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #6 on: February 03, 2013, 08:41:54 AM »
Vir my het dit dadelik 'n prentjie vertel, ek lief dit Adéle. 
Baie geluk matertjie.  Dalk wil jy dit ook in ons tweede bundel plaas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #7 on: February 03, 2013, 08:59:33 AM »
dankie hoor, ek weet ons hoef net te dig en elke leser moet sy eie prentjie vorm, maar net soos ek nie daarvan hou om iets nie te verstaan nie, wil ek ook darem weet my griffels moet redelik verstaanbaar wees...

 :grommit:
« Last Edit: May 18, 2013, 12:18:10 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #8 on: February 03, 2013, 09:06:48 AM »
Gelukkig het ons die voorreg om met die skrywer te praat en vrae te vra as iets onduidelik is.  Dikwels interpreteer ek 'n gedig heel anders as wat die skrywer dit bedoel het, maar die slim mense sê mos, dit getuig van 'n uitmuntende gedig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #9 on: February 03, 2013, 09:11:32 AM »
ek het al gelees dat digters verras was oor hoe lesers [lees: onderwysers] hulle gedigte interpreteer en aan skoliere oordra   :toothy4: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #10 on: February 03, 2013, 09:35:17 AM »
Twee jaar gelede het my broer se seun matriek geskryf.  Hy het vertel hoe hulle in die klas met die onderwyseres geredeneer het oor die vertolking van sekere gedigte.  Haar antwoord was dat dit die opdrag van die departement is en alhoewel sy met hulle saamstem, sy dit nie mag verander nie. 

Met Insig het baie ouens net 'n blinde man gesien. Vir my was dit goed so, hulle het dit gelees en geniet.  Daar was 'n hele paar lesers wat na die titel gekyk het en besef het die gedig gaan oor insig.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #11 on: February 03, 2013, 10:30:28 AM »
Dis 'n prag gedig met baie waarheid in dit se binneste en ek lief die :

Code: [Select]
Hy het, na Moses se kliptafel-wet,
sy hande soos in hekel-gebed saamgevou,
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Psalm een-honderd-en-neëntien
« Reply #12 on: February 03, 2013, 12:10:04 PM »
dankie lief Willa   :coffee2:   vir jou [soek 'n bossie blomme-gesiggie ook]
adéle  :grommit: