• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom help skep aan nog (assebliefie)

Started by Meraai vannie Baai, January 23, 2013, 02:35:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#15
Daar skuil 'n oord in woord en moord, maar nie in brood nie.

Ouderdom is oud en dom, maar 'n idiot het dit uitgedink want oud is wys, nie dom nie.


:`ip2: Ditto Willa - waar 'n wil is, is daar 'n weg  :toothy4:  daar kruip dan eintlik 'n 'gryswys' weg in ouderdom!

PM

Dankie Willa-la-la,  :icon_biggrin: vir die aandra. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

daar is ook 'n tor in motor, ek wonder watse storie JanDink rondom die tor sal bedink?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#18
*Saamgestelde woorde wat my laat dink/glimlag.

Hoop nie ek is eendag so tevrede met my lewe dat ek as dood beskou word nie!
(doodtevrede)

Is Tom die enigste naam wat mens in 'n vers kan gebruik as jy baie verbaas is?
(verstom)

Staan mens agter omdat jy dog ander sal dink jy's voor op die wa?
(agterdog)

Wat laat mense ewe goor voel op 'n sekere gedeelte van die aardbol?
(ewenaar)

Waarmee word daar geweef in 'n sel?
(weefsels)

Hoe klein of groot is die aks wat ons soms klim?
(klimaks)

Soos wat klink klaar vir jou?
(klinkklaar)

Wat is so erg dat as jy dit sou mors, dit jou kan laat sterf?
(morsdood)

Wat smoor mens as jy baie boos word?
(smoorkwaad)

Hoekom kan ons nie 'boerboel' ook gebruik in die plek van 'n intensiewe vorm van naak nie?
(poedelnaak)

Is die Skotte dan die enigste vryerige nasie?
(skotvry)

Waar kom die splinters vandaan as die artikel nog nuut is?
(splinternuut)

Wat word gestapel deur gekke as hulle koppe begin raas?
(stapelgek)

Hoe lyk 'n stok wat flou is?
(stokflou)

Leef die suinige vrek nog?
(vreksuinig)



Marius


Meraai vannie Baai

Marius ek hoop nie hy storm ook in sy slaap op net om homself te pletter teen die muur te loop soos in daardie videotjie wat die omloop hier gedoen het nie  :`ip2:

Marius

erm, nee, sy is n Boerboel, hulle issie so stupid nie...wel miskien as sy van 'n kat droom...

Meraai vannie Baai

Lees ek nou weer deur ons spelery met woorde. Juis gister gestaan en dink aan die verskil wat 'n spasie tussen woorde kan maak. Dink toe spesifiek aan 'verskoning' versus 'vers koning'. 
:icon_biggrin: :headbang:

PM

Hierdie is regtig 'n prettige speletjie in die sandput.  Ek hoop almal het gou lekker handjies gewas en ge-eet.  Ek wag vir julle!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.