• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom help skep aan nog (assebliefie)

Started by Meraai vannie Baai, January 23, 2013, 02:35:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

There's a lie in believe, and over in lover, and end in friend, an us in trust and an if in life ...

Kan ons so iets in Afrikaans skep vir die woordskuur? Kom help groot assebliefie  :love7:

:crybaby2: Die ui in lui laat my oge traan!

PM

Is dit min of meer wat jy wil hê?   Ons kan groot pret hê met hierdie speletjie Raaitjie. 

Ek sien laf in lafaard, maar die laf in lafenis het 'n ander betekenis.
'n Os in kos en ook 'n os in bos.
Daar klop 'n aar deur waar, maar daar vloei ook 'n aar deur swaar.
Daar's 'n ma in ouma en'n pa in oupa.
In blink rus ink, maar dit lê ook in stink en
Klaas Geswind word gedryf deur die wind.
Daar's 'n aap in swaap, maar tog kry jy dit ook in slaap.
Hier lê raak in wraak, hoekom dan gif in vergifnis?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Atta pattata, ek lief ons taal. PM staan nader ....  :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut: dit is boektoe-perrrfek!!

PM

Dit sal maar eensaam wees daar op 'n blaadjie sonder julle bydraes.  Ek wag!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Toe speel ek nog:

moor skuil in versmoor
wat soek sies in presies
daar is raat in praat
'n luit in fluit
en roet in gegroet
'n uier in kuier
gom in bruidegom
tee in steek
eet in skeet
gal in galant
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#5
:love7: :hello2:  :book1: :notworthy:

En ekke dans ewe opgewonde die foxtrot (nes die rot en die fox) op sewe plekke. Moenie begin sweet en dink dit is 'n aardbewing nie - moes jou net jubelende laat weet: PM, jy is die diamant in die ring van doring!

:icon_scratch: Net so tussen jou en my - wat maak 'n ma en pa in spasma en hoekom bewe die res van die gesin met eer as hulle ouers iets probeer besweer? Die eer in beheersd en eerlik kan ek nog verstaan, maar krap alweer kop oor die voorkoms daarvan in eers en smeer. Waarheen vaar die een as daar gevaar heers en dalk sal iemand wel vir ons kan beduie wie de duiwel is die ou in blou wat rou in mevrou?

Woordmatertjie, ek wonder hoeveel mense weet giggels word in 'el' gemeet en wat weeg ons wanneer ons beweeg? Wee' jy dalk presies hoe dig is die moed van 'n weemoedige en wat raak op as ons stop? Ek verstaan ook nie mooi hoe daar 'n os in brose kan pas nie!

Assebliefie my lief, dan wil ek ook graag weet watter soort tertjies eet kaboutertjies en hoekom is daar van 'ou ertjies' ter sprake hier? Ek wonder of iemand al die uil kon hoor of sien as hulle huil van 'n ui? Hoe arm is warm en wie lek regtig alles wat lekker is?  

Eish! Nog iets wat my onderkry - het jy ook al gewonder hoekom is daar 'n tong in biltong, en hoe lyk die ot in 'n grot? Hoe verklaar ons die ton van geluk, in 'n ongelukstoneel? Wie gaan uit as mens iets besluit en wie trek weg as een intrek?

Daar is darem een ding waaroor ek nie hoef te top nie, want my Outop is 'n bedrewe tegnikus op die gebied van be(h)koorlik kus; daarom sing my kop nog steeds as dit die kussing raak saans en dan weet ek -  die dierbare ou monster van my, is 'n ware ster!

:headbang: :`ip2:



PM

Ato potato Raaitjie.   :hello2:  :notworthy:  Jy het uitstekend gevaar!  Ek haal my hoed af vir jou!   :icon_study:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie  PM, ek het dit so geniet, wou nie ophou nie. Vanoggend gee Outop vir my die ene:
Raai wie is die klikbek in maklik?  :angel4:

PM

#8
Dit is pret!  Daar is nog soveel woorde (oorde) wat net lê en wag (ag) om op 'n lysie te staan.  (taan)
Raaitjie, dit is nou pret met die alfabet!   :icon_biggrin:
Sê vir Outop, dit is ma wat die klikbek is.   :dontknow:

Die hele tyd nog dwaal hierdie deur my gedagtes:  die diamant in die ring van doring
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#9
Oe ekke lieffff jou passie waarmee woeker matertjie. Ek het gewonder HOE kan ek vir jou dankie skryf dat jy kan weet WAT dit vir my beteken en toe sien ek die diamantjie skitter in 'jy is 'n doring' en die res ...wel ... dit pronk nou hier as bewys - PM, jou erfie en jy, is tops!!

PM

Ai, ek sit nog en wag!

Dikwels dan tel my onderbewuste iets op en stoor dit, dan, wanneer ek "stil" raak, kom lê hy dit vir my in my skoot.  Met 'n helder prentjie daarby!  Dan waardeer ek dit werklik. 

'n Paar jaar gelde het ons vriende gehad waarvan die seuntjie, toe net in graad 1, vreeslik klei getrap het.  Toe ons hulle ontmoet het, was Danie al sy tweede jaar in graad 1.  Danie was hiperaktief,  maar daar was niks met sy breintjie verkeerd nie.  Ek bied toe aan om "in te sit" wanneer Alta met Danie huiswerk doen.  Sy vra vir hom hoeveel is 2 plus 2 en dan dans die mannetjie op en af en swaai die handjie met die wysvinger en sê agterna:  2 plus 2 issssss,   2 plus twee isssss... dan gee Alta vir hom die antwoord:  2 plus 2 is vier Danie!  Nou-ja, dit gebeur as "ma klik" dit maak kinders te lui om te dink,   :icon_biggrin: en dit is nie maklik nie, of is dit?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek gaan nou antwoord soos Marie Theron: Sy weet nie wat maak die oor en pronk in oorspronklik nie, maar hierdie ene van jou is oorspronklik verby PM ...dit gebeur as "ma klik" dit maak kinders te lui om te dink, en dit is nie maklik nie, of is dit?


PM

Ek wag geduldig om te sien wat jy nog kom aandra Willa.  Dit is 'n lekker speletjie. 'n Mens kan as jy wil en ek sien juis die wil in Willa.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#13
Die kla in klater, wag maar tot later!

Daar skuil 'n oord in woord en moord, maar nie in brood nie.

Ouderdom is oud en dom, maar 'n idiot het dit uitgedink want oud is wys, nie dom nie.

:icon_scratch:   :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

hartaanval - die hart val aan en jy val neer  :angel12:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w