Author Topic: In die hoenderhok  (Read 4663 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
In die hoenderhok
« on: January 20, 2013, 12:18:17 AM »
Pik-pik-pik -- pik-pik-pik -- pik-pik-pik -- kêk!
Pik-pik-pik -- pik-pik-pik -- pik-pik-pik -- kêk!
Pik-pik-pik -- pik-pik-pik -- pik-pik-pik -- kêk!
Ta-ra, ta-ra, ta-ra-ra-ra!

Dis 'n groot gestry,
Dis ek en jy.
Dis 'n groot gestry
Wie die eiers gaan kry.
Dis 'n groot geklou,
Jy knyp my blou.
Dis 'n groot gestry,
Dis ek en jy
In die hoender-, hoender-, hoender-, hoenderhôôôk . . .

Dis 'n groot lawaai --
Die hane kraai.
Dis 'n groot lawaai
Van die Kaap tot die Baai.
As ek en jy
In die hok baklei
By die hen se nes
En van oos tot wes
In die hoender-, hoender-, hoender-, hoenderhôôôk . . .

Dis 'n groot geveg,
Jy sê my sleg.
Dis 'n groot gestoei
Met die neuse wat bloei.
Dis 'n groot gestry,
Dis ek en jy
En dit wurg en tjank
Met 'n wilde klank
In die hoender-, hoender-, hoender-, hoenderhôôôk . . .

Dis 'n groot geveg,
Jy sê my sleg.
Dis 'n groot gestoei
Met die neuse wat bloei.
Dis 'n groot gestry,
Dis ek en jy
En dit wurg en tjank
Met 'n wilde klank
In die hoender-, hoender-, hoender-, hoenderhôôôk . . .

Dis 'n groot gestry,
Dis ek en jy.
Dis 'n groot gestry
Wie die eiers gaan kry.
Dis 'n groot geklou,
Jy knyp my blou.
Dis 'n groot gestry,
Dis ek en jy
In die hoender-, hoender-, hoender-, hoenderhôôôk . . .







Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: In die hoenderhok
« Reply #1 on: January 21, 2013, 11:08:27 PM »
Boer soek 'n haan!

Die plaas se baas soek 'n haan,
een wat sy man kan staan.
Die ou haan op die werf
se harem te kan erf.

Jonghaan meld aan
die ouhaan se plekkie vol te staan.
Maar ouhaan stel eers voor
'n resies te verloor.

Oor die werf tot by die dam
wenner mag sy vere kam
en die harem kan hy kry,
ja alle die henne om te vry.

Jonghaan stem saam,
wenner sal op die troon staan
en om alles reg te laat gaan
'n voorsprong vir die ouhaan.

So jaag jonghaan vir ouhaan
oor die werf dat stoffies staan...
Ouhaan raas van ouderdom
vere wapper, rug gekrom.

Boer oppiestoep gryp sy roer
skiet vir jonghaan in so moer
Ai! sug boer oor die roer se loop
Dis wragtag die derde moffiehaan wat ek die week koop.

 
 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: In die hoenderhok
« Reply #2 on: January 21, 2013, 11:53:42 PM »
 :toothy4: Ou Haan het beslis 'n kop op sy lyf vir oorlewing om sy harem self te geniet, en geen haan sal daarna kraai oor hoe hy dit bewerk nie ne!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: In die hoenderhok
« Reply #3 on: January 22, 2013, 09:22:34 AM »
'n Jong haan maak 'n plan, 'n ou haan het 'n plan!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.