• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gewilde kinderversies en liedjies

Started by Meraai vannie Baai, January 19, 2013, 11:49:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Naas

More Ta Raaitjie
Ek sien ons maak altwee hier n draaitjie.
Jy omdat dit vroeg is
Ek wat vir misluktekiete moeg is.

Saggies raas ons nou
Oubaas slaap nog ou.
Ek is ook maar stil
Wyl misluktekiete om my gil.

Zoom zoom is maar al
Die misluktekiete maak my mal.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :wave: Oe, my dag is gemaak. Watter heerlike verrassing. Naas, jy en die oubaas diekant moet familie wees. Hy voer elke aand sy moorddans uit en hoop die tannie langsaan dink nie dit is vir my wat hy so voeter met die kussing nie :icon_biggrin:

PM

 Ons miskiete is eintlik raakskiete.  Die klein vabondjies is klein pikswart en geluidloos.  Jy voel net die vreeslike brand en daarna die gejeuk wat jou wil mal maak.   :crybaby2:   
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Die raakskiete hier oppie plaas loop almal op Diesel. Hulle raas as hulle klaar gesteek het.




:mumum:

PM

Muskiete-jag 
Jou vabond, wag ek sal jou kry
van jou sal net 'n bloedkol bly
hier op my kamermure.
Deur jou vervlakste gonsery,
deur jou gebyt en plaery
kon ek nie slaap vir ure.
Mag ek my voorstel, eer ons skei,
eer jy die doodslag van my kry -
my naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
wees ook nie so kieskeurig nie,
jy moet tog eendag sterwe.
Verwekker van malaria,
sing maar jou laaste aria -
nog een minuut van grasie.
Al soebat jy nou nog so lang,
al sê jy ook, ek is nie bang,
nooit sien jy weer jou nasie.
Hoe sedig sit hy, o, die ding!
Sy kinders kan maar kranse bring,
nou gaan die vabond sterwe.
Pardoef ! Dis mis ! Daar gaan hy weer !
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer -
my naam is Van der Merwe !

AD Keet
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Hickery dickery dok
Drie muise hardloop op teen die klok
Die klok slaan een
En die ander twee
Kom weg met ligte beserings.

:mumum:

Meraai vannie Baai


PM

Het ek nou weer heerlik deur die gange gewandel en saam gespeel.  Baie dankie, dit is altyd 'n groot plesier!
Om te weet is om te verstaan.