• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gewilde kinderversies en liedjies

Started by Meraai vannie Baai, January 19, 2013, 11:49:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Een, twee, drie, vier
Hoedjies van, hoedjies van
Een, twee, drie, vier
Hoedjies van papier.

Het jy nie 'n hoedjie nie
maak dan een van bruin papier
Een, twee, drie, vier
Hoedjies van papier

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Pollie ons gaan Paarl toe
Pollie ons gaan Paarl toe
Pollie ons gaan Paarl toe
Ek en jy alleen

Wat gaan ons in die Paarl maak?
Wat gaan ons in die Paarl maak?
Wat gaan ons in die Paarl maak?
Ek en jy alleen

Ons gaan na my kerel toe
Ons gaan na my kerel toe
Ons gaan na my kerel toe
Ek en jy alleen

Wat gaan ons by jou kerel maak?
Wat gaan ons by jou kerel maak?
Wat gaan ons by jou kerel maak?
Ek en jy alleen

Jy gaan vir ons koffie maak
Jy gaan vir ons koffie maak
Jy gaan vir ons koffie maak
dan is ek en hy alleen

Stadig stap in die harde pad
Stadig stap in die harde pad
Stadig stap in die harde pad
ek en jy alleen

Pollie ons gaan Paarl toe
Pollie ons gaan Paarl toe
Pollie ons gaan Paarl toe
Ek en jy alleen

:icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Hansie Slim
Het op die bed gespring
Toe kom sy pa die kamer in.
Stok en lat
slaan sy gat
Nou's sy broekie nat.

Maar sy moeder hart is seer
Hans is nou geen kind nie meer
Hoor nou net moeder sug
hardloop gou gou terug


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

As ek moeg word vir die lewe in die stad
Lok my die wandel pad
as ek moeg word vir die lewe in die stad
lok my die wandel pad
By die jood leen ek 'n vyfpond noot
wat ek hom sal skuld tot na sy dood
en ek sing my vryheids lied
ek sing my vryheids lied

As ek moeg word vir die lewe in die stad
Lok my die wandel pad
as ek moeg word vir die lewe in die stad
lok my die wandel pad
in die veld pluk ek 'n wandelstaf
van die naaste doringboompie af
en ek sing my wandellied
ek sing my wandellied


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

En hier is ek so sing-sing oppad kooi toe. Julle is sterre aan die kuberruim maters. Wat 'n wonderlike voorreg om weer ons taal saam te geniet. Liefffffffff julle. Naas ou maat, jy sal nooit weet hoe dankbaar die ou antie is dat jy nog in onse midde is. Drukkie vir elkeen wat hier verby kom XXX

Naas

Saai die waatlemoen

Saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen!
My mamma roei in die skuitjie,
my pappa blaas 'n fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen!

Braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen.
My tannie dra 'n kruikie
vol water uit die spruitjie,
sy saai 'n koringkorreltjie,
en kry 'n boerpampoen!

Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Spyker in my skoen!
Die nooi'ntjie brei 'n truitjie,
sy trek haar mond 'n tuitjie,
sing 'n wysie deur haar gorreltjie.
Wat sal ek tog doen?

Almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen!
Dan bak sy maar 'n kluitjie
en sę sy's klaar 'n bruidjie,
die vonkelwyn maak 'n borreltjie,
almal wil haar soen!


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek verstom my aan die herhaalde reels wat telkens voorkom in ons ou liedjies en versies. Toe ons dit gesing het, het jy skaars agtergekom dat daar tot vier herhalings van 1 reel is! Duisend dankies vir aandra Naas. Ek gaan regtig sing-sing nou in die bed spring.

PM

Ek is bly om jou weer so aktief te sien Naas. 
Kyk wat kry ek!  'n Goudstaaf! 



http://tortel.net/~lochner/blerkas/
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#24
Hoe ry die Boere ?
Sit, sit so ! Sit, sit so ! Sit, sit so !
Hoe ry die Boere ?
Sit, sit so ! Sit, sit so ! Hoera !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera !
Hoe ry die Boere ?
Sit, sit so ! Sit, sit so ! Hoera !

Hoe fluit die Boere ?
Fluit, fluit so ! Fluit, fluit so ! Fluit, fluit so !
Hoe fluit die Boere ?
Fluit, Fluit so ! Fluit, fluit so ! Hoera !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, Hoera !
Hoe fluit die Boere ?
Fluit, fluit so ! Fluit, fluit so ! Hoera !

Hoe dans die Boere ?
Polkadraai ! Tiekiedraai ! Tiekiedraai !
Hoe dans die Boere ?
Polkadraai ! Tiekiedraai ! ou perd !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, ou haan !
Die Kaapse nooi sè:
Tingelingeling, Tingelingeling, ou haan !
Hoe dans die Boere ?
Polkadraai ! Tiekiedraai ! ou perd !


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek wonder wie gaan hier kan lees sonder om saam te sing en met die voet tyd hou?  :toothy4:

Assie

Ta ra ra boemdery
Oupa het 'n vark gery
afgeval en seer gekry
opgeklim en weer gery.



:mumum:

Meraai vannie Baai

#27
Assie, jou tante verwonder haar nou vanoggend wat sou die 'ta ra ra boemdery' beteken? In my soektog na 'n antwoord kom ek toe op die volgende skatte af:

Wippie en Snippie loer uit by 'n gaatjie
Wip is 'n muisie en Snip is sy maatjie
Wippie en Snippie daar kom die groot kat!
Woerts wip twee muisies weer terug in hul gat.

en...

Hessie Tessie
Spinnekop nessie
Goei dit in 'n bottel
of vee dit in 'n flessie.

en...

Kleine Pietertjie met sy gietertjie,
Gooi sy mamma se rose nat.
Met die watertjies wat so klatertjies,
Mors hy hom so sop-sop nat.

en...

Ou Tannie Slof Slof
slof deur die huis
dwarsdeur die eetkamer
en in die kombuis.







PM

Ek ken net die eerste een, die ander is nuut vir my.  Dankie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Vir my self splinternuut al is dit horingoud PM. Kon nie help om te wonder of ek nou ook 'n ou tannie Slof-slof is as die treurigheid mens se skaduwee word  :icon_bigsmurf: