• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Speelversies

Started by Meraai vannie Baai, January 19, 2013, 11:45:01 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

PM:

Kniespel
Hop, hop, hop! Hop perdjie hop!
Oor die klippe, oor die slote,
trap versigtig met jou pote
Hop perdjie hop!

My weergawe was 'n bietjie anders:

Hop my perdjie hop
hop so op gallop
oor die klippe deur die slote
trap versigtig met jou pote
hop my perdie hop
hop so op gallop!

Kieliespel 1
Hier kom 'n muis,
hy bou 'n huis (vat aan ken)
Hier kom 'n muggie,
hy bou 'n bruggie (vat aan neus)
Hier kom 'n vlooi,
hy spring in die kooi (kielie kleinding)

Kieliespel 2
Dinker (raak aan voorkop)
blinker (regteroog)
traneskinker (linkeroog)
suiker (regteroor)
ruiker (neus)
kussingduiker (linkeroor)
kuller (bolip)
smuller (onderlip)
harde bruller (tong)
kinneke-kennetjie-tien (kielie kleinding onder ken)

Pannekoek bak
Allawiek! Allawak!
Ons gaan pannekoek bak
met suiker en melk en eiers
met regtige eiers en regtige melk,
met 'n lepeltjie suiker en botter vir elk.
Allawiek, Allawak!
Ons gaan pannekoek bak!

Trein ry 1
Tjoeke-tjoeke-tjoek! (vryf handpalms teenmekaar)
Hier ry die trein (plaas gebalde vuisies langs mekaar)
bult op tjoek-tjoek (strek arms op)
oor die berg tjoek-tjoek (staan op tone en rek)
bult af tjoek-tjoek (laat hande sak)

Tik- en drukspeletjie
Traantjie-ogies,
frummelneusie,
krummel mondjie,
handvol grondjies
beentjies rietjies,
bloukolknietjies,
nerf-af toontjies.
Skiet hom in die magie!
Soen hom in sy kragie!





Meraai vannie Baai

Naas:

Gesig versie

Toktokkie, toktokkie loop rondom die huisie (Trek met jou wysvinger 'n sirkel rondom kleinding se gesiggie.)
Loer by die venstertjies (Wys met jou vinger na sy/haar ogies)
Klop aan die deurtjie (Tik liggies teen voorkoppie)
Draai hom oop (Draai liggies die neusie)
en gaan binne (Druk vinger op lippies. As die kindjie gewoond raak aan die speletjie sal hy/sy selfs sy/haar mondjie op die staduim oopmaak.)

PM

Wie ken nog speelversies?  Kom deel dit asseblief met ons. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het my plek geboek - voorste gestoelte want ek sien hier is lewe op die speelversie-erf van ons  :love7: :hello2: ...

Naas

Die grote oompie olifant
Staan op sy agterpote
Leeu met sy maanhare
Spring pragtig deur n ring

Hoog bo in die lug
Swaai artieste aan n tou
En Nakkie nar maak algar lag
Hy is 'n snaakse ding

In die groot tent
Hang almal se monde oop
Vir al die mannewales
Wat die sirkus dorp toe bring.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Nie eintlik speel verse nie maar speel verse het my nou die laat skryf.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek is sooooooo bly ons het speelverse op die forum Naas want dit laat jou kreatiewe souse weer borrelend deur die woordgange vloei!
:book1: :bootyshake: :notworthy: