• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ouderdom

Started by Meraai vannie Baai, January 14, 2013, 01:19:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

*Name verander om die betrokke partye te beskerm: Sit ons tweetjies die anderdag in 'n cowboy kroegie en suie aan 'n kouetjie. Wys ek vir Outop na 'n verkreukelde paartjie oorkant ons. "Oor tien jaar gaan ons tweetjies ook seker so lyk Pa".  Gee hy ligte snorkie en hak af: "My ou hartlam, dis 'n spieel"  :icon_bigsmurf:

Het julle al agtergekom ons generasie word omsingel en bedreig? Vanoggend stuur gawe vriendin vir my 'n waarskuwing en se ek moet dit asseblief met al ons vriende deel. Hierdie bose aanval moet gestuit word.

Sy noem onder andere hoe styl het trappe skielik geword, kruideniersware weeg soveel swaarder as paar jaar gelede.

Selfs ons eie strate word langer! Jong mense raak so ongeskik, hulle fluister openlik en as jy hulle vra om harder te praat, herhaal hulle hulle self tot hulle rooi in die gesigte is.

Een ligpunt: my vriende word vinniger oud as ek. Gister het een goeie vriendin my nie eers herken nie!


Fransi


PM

 :icon_biggrin: Ek het dit al vertel maar ek gaan weer.  Toe ons oudste se vriende kom kuier het (toe hy nog 'n laaitie was) klop hulle aan die deur en ek maak oop:  "Haai, is jou boetie by die huis?"
As ek nou die deur oopmaak sê hulle hulle het nie geweet ouboet se ouma bly ook hier nie.   :icon_biggrin:

Ouderdom het 'n voordeel ook: 'n Mens is meer ervare en leer uit die kinders se foute. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Heheheheh watter mooie pluimpie vir ons jonge PM  :love7: en EINA vir die oumaskap van ouboet  :bootyshake: