Author Topic: Ek is weer tuis  (Read 8621 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Christinna Slot

  • Guest
Ek is weer tuis
« on: January 11, 2013, 04:29:30 PM »
Maggies mense, ek is weer by die huis na 'n lang kuier saam die kinners.  Hulle het vir my moeg gejol gehoor. 

Hier op die plaas is alles in 'n warboel en so verwaarloos.  Foeitog, die ganse het uitgekom en het jou wrintiewaar vir my voor die hek gestaan en wag.  Hierdie antie  moes 'n mandjie eiers vir die buurvrou vat, want die hoenders het so baie eiers gelê.  Die ou neef wat na my plek moes omsien se skoonmoeder is oorlede en hulle moes in aller haas na die stad.  Die jong wat hy aangesê het om 'n ogie te hou lê seker iewers goed onder die prop.  Ek sal vir hom bykom as ek hom in die hande kry.

Sodra dit weer rustiger gaan sal ek kom vertel van die plekke wat ons besoek het.  Dit was baie aangenaam.  Hou julle maar solank die blink kant bo gehoor.   

:icon_queen:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek is weer tuis
« Reply #1 on: January 11, 2013, 04:47:14 PM »
Dit is hoogtyd Antie Stienie.  Ons het jou gemis.  Welkom tuis. 

Jammer om te hoor van die verwaarlosing.  Ek hoop nie jy het enige skade nie.  Ek trek my stoeltjie nader om te hoor van die reis. 

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Ek is weer tuis
« Reply #2 on: January 11, 2013, 10:04:14 PM »
Ag tog Pieternella.  Jy laat my altyd so tuis voel.  Ek kan verstaan hoekom almal van hul forummoedertjie praat.  Tog klink jy vir my so bloed jonk!  Ek hou van jou prentjie!    :bootyshake:  Dit lyk of jy altyd aan die dans is!   

Ek moet by jou bieg.  Hierdie tyd van die aand is vir my die moeiliste tyd.  Ek kan deur die hele dag werk en al die dagtakies vervul, maar hierdie tyd van die aand vang die eensaamheid my met 'n passie.  Dit is hierdie tyd van die dag dat ek wens ek het nog 'n siel om my nag mee te deel.  Jy wil nie weet hoe eensaam my nagte kan wees nie. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek is weer tuis
« Reply #3 on: January 11, 2013, 10:19:49 PM »
Natuurlik is ek altyd aan die dans lief tannie Cristinna!  Die lewe wag nie op 'n mens nie.  Of jy dans of jy vrek!  Skuus, ek is nie in die beste van buie nie.  My man sou vandag net gou gaan werk het vir 'n uur of twee, maar soos deur die noodlot bepaal, het hy eers vanaand na 7 hier aangeland.  My leuse is "adapt or die" en ek het nog te veel dinge om te doen voor ek die!  Hy moet ook weet, ek "adapt" nie maklik nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek is weer tuis
« Reply #4 on: January 11, 2013, 11:51:13 PM »
"Hou die blink kant bo"- ai, toe ek dit nou raaklees het ek sommer 'n knop van verlange in die keel gekry na my ouers. As kind het ek dit dikwels gehoor. :-)

Ek is bly jy kon lekker by jou kinders kuier en hopelik sal jy alles by die huis weer in 'n japtrap reghê.

Ja, die nag kan 'n mens soms eensaam laat voel, veral as jy nie meer 'n geliefde het nie of julle nie bymekaar kan wees nie. Miskien is dit omdat die donker 'n mens nie net fisies in die huis instoot nie, maar ook in jou gees se binnekamers. As al die take vir die dag afgehandel is, kan 'n mens nie help om stil te word en te dink nie. En net soms word gedagtes soos 'n tronk.
Ek is jammer jy voel eensaam.

Ai, PM, dit klink asof ons in dieselfde tipe bootjie was. :-) My man het net so voor nege eers by die huis gekom.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is weer tuis
« Reply #5 on: January 12, 2013, 06:27:11 AM »
Wonderlik!! Antie Stienie is terug. Waar is skype se dansmannetjie nou  :icon_biggrin: :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek is weer tuis
« Reply #6 on: January 23, 2013, 08:46:41 PM »
Ek plaas Antie Stienie se boodskap hier.  (Hou vas Antie Stienie, ek gaan kyk waar lê die probleem dat jy nie kan aanteken nie.)

Fransi, jy vat dit so raak!  My liewe kind, ek dink ek en jy kan nog 'n lang pad saamloop! 

Hier het dit maar dol gegaan.  Alles wat kon verkeerd gaan het verkeerd gegaan.  Ek dink nie ek sal weer sommer gou my belange op die plaas opgee vir 'n kort joligheid nie.  Nee wat, dit is net nie die moeite werd nie.  'n Mens moet nie jou ore aan kinders uitleen nie. 
Hier sit ek nou met ou Bessie wat mustitus het. Die veearts vra my drie koeie sy prys om een gesond te kry! 
 Die hoenders het die pad gevat en lê nou eiers op plekke wat ek nie eers geweet het bestaan nie. 
Nee wat, 'n plaas het 'n baas nodig.  Nie 'n joller wat kaalgat in die son gaan lê nie.  Dit was die eerste en die laaste!
'n Vrou is ook nou nie gebou om 'n boerdery manalleen te hanteer nie en die eensaamheid is ook weer 'n ander storie. 
« Last Edit: January 24, 2013, 08:14:53 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is weer tuis
« Reply #7 on: January 23, 2013, 11:16:27 PM »
Tannie Stien sterkte met die probleme op die plaas. Met respekte het ek nou gesegde briefie soooo geniet dat ek dit gaan gaps om in versvorm te bewaar in ons eie woordskuur. Sodra dit pronk op die gepaste rakkie kom ek vir jou die paadjie soontoe beduie  :icon_biggrin: :notworthy:

Christinna Slot

  • Guest
Re: Ek is weer tuis
« Reply #8 on: January 24, 2013, 08:10:53 AM »
Meraai vannie Baai, jy is soos 'n soetkoekie vir 'n weeshuiskind.  Weet jy nie dalk van 'n ou wewenaar of 'n oujongkêrel wat geselskap soek nie.  Hier in my kontrei is 'n klomp orige ou mans, maar ek soek iemand met iets tussen die ore nie net tussen...  maar wag, daar roep ou Jonas, laat ek eers gaan kyk wat skort.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is weer tuis
« Reply #9 on: January 24, 2013, 11:04:43 PM »
My liefste tante as ons nou net vir Assie se oupa in jou die hande kon kry, jy hoef niks verder te soek vir daardie iets tussen die ore nie!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Ek is weer tuis
« Reply #10 on: January 25, 2013, 01:45:28 AM »
Ons sal dringend vir Assie in die hande moet kry. Sy sal vir jou moet gaan voorbrand maak by Oupa. 
Om te weet is om te verstaan.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Ek is weer tuis
« Reply #11 on: January 25, 2013, 03:23:36 AM »
Ek soek ook nou nie 'n man wat op eiers... loop nie.  Hy moet darem nog 'n koei se spene kan trek en oor die leivoor kan spring. 
'n Laatslaper die soek ek ook nie.  Op met die haan se kraai!  Die oggendstond het goud in die mond en die dit is die vroë haan
wat op die kerktoring staan  nee wag, ek het nou bietjie deurmekaar geraak, wat die sagte slakkies vang.

Ek hou van 'n man waarvan die oge nie wyk en nog 'n bars kan kyk. 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is weer tuis
« Reply #12 on: January 25, 2013, 09:39:01 AM »
En ek lief romanse! My plekkie geboek, met respekte  :icon_biggrin: