• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Intensiewe vorme of intensiewe adjektiewe

Started by PM, January 11, 2013, 02:14:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Om by te voeg:

Lelik - Rondomleleik. Asprislelik, Skoonmalelik.
My skoonsuster is so lelik, as sy innie spieel kyk klap die spieel haar. (Ek dink dis omdat sy reg rondom die spieel staan.)


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Het dit iets te doen met gemiste episodes?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Naas

Ta Raaitjie, Dit is die groot skoonsuster van my wat soggens aan albei kante van die bed opstaan. Wanneer sy voor die TV verby loop mis ek drie episodes van 7de Laan. Ek wou 'n foto van haar plaas maar my kamara het nie genoeg pixels om haar te verewig nie. Sy het mates van 32 - 24 - 33 en dit is net haar linker been. Die poskantoor het vir haar haar eie poskode gegee. Die ander dag het ons by blouberg gaan swem. die volgende oggend tref 'n tsunamie Japan. Ons het ook vreeslik gesukkel om haar uit die water te kry want daar was 'n verliefde walvismannetjie wat haar nie wou laat gaan nie.
Sy koop haar klere by Rent a Tent.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hahahahahaha  :headbang: ek is nou by dankie PM, Naas  :toothy4:

PM

Intensiewe vorm sal dus wees:
1 Episode
2 Episodes
3 Episodes

:love7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis altyd snaak hoe teenoorgesteldes mekaar aantrek. My skoonsuster se man is so maer hy moet rondspring onder die stort om nat te word. Gebruik 'n kwart duim tuinslang vir 'n slaapsak. As hy voor 'n wit muur verby stap lyk hy soos 'n bewegende kraak. Soggens drink hy swart koffie sodat hy deur die dag 'n skadu kan gooi. Hy klop nooit aan die deur nie, gly sommer deur die sleutelgat. Ons gebruik sommer sy ou klere as skoenveters.
Maer - maerder - streep?


:icon_bigsmurf:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hou so aan, jy is hard besig om my depressie te verlig.   :icon_cheers:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My ouma het gese ek was net skin en bone en iets wat rym met 'alone' Dit was enigste drie Ingelse woorde wat sy geken het in alle gevalle.

Naas

Ek wil julle nou 'n storie vertel maar kan nie die engelse woord vir "tire" onthou nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

tire soos moeg en in der dagen sat of tyre soos in buiteband?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Sien ek kan nie eers spel nie. Tyre soos in wielband.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Sluit aan by die klub!  Ek kry ook sulke dowwe oomblikke, onthou jy?  :icon_biggrin:
Nou kan jy die storie vertel? 
Om te weet is om te verstaan.