Te lank stil gesit met die gepluk aan my nuwe snare het ek so paar dae gelede besluit dit is tyd om die krakende skarniere te olie. Ongelukkig nie moskonfyt gehad nie maar intussen 'n paar ballerina passies weer probeer baasraak. Spottende het Elle vir Naas genooi om dit ook te probeer en ek het 'n prentjie in my gedagtes geskets van Naas en die uwe met ons verstrengelde pypies...

Die volgende oggend wag hierdie kosbare verrassing van Naas vir my by die plasing op FB:
Ballet pret...Eers kyk ons na lings
Dan kyk ons na regs
Pypies die draai
En gewrigte die kners
Op, op die tone
Pirette in die rondte
Spring...
Spring...
Trippel soos mank makou
Pasop...
Die pypies pootjie my nou
Buig vooroor en hyg na asem
Kyk op na die berge
Op soeke na hulp
Los my pypie Maria
Joune is om jou enkels gedraai.
Oooo!!!! Toggie!!!
My rug is in sy maai.

*Elke keer as ek nou my paverpolballerinatjie op die klavier kyk, sal Naas se woorde my bybly


'n Baie spesiale kommentaar:
Ballet Based MovementOh wow, a poem about ballet - that is just wonderful! So glad you are having so much fun - that is what it is all about!