Author Topic: Ode aan die ou jaar  (Read 1354 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Ode aan die ou jaar
« on: December 31, 2012, 07:25:01 PM »
Ek het gesien hoe jy
soos water deur my vingers glip
en in  dorre grond verdwyn.
Stom het ek na die kol gestaar
tot 'n wit son als verdroog
en niks  meer jou naam kon spel.

Op 'n droë kluit plaas ek 'n spierwit roos
as grafsteen van dit  wat was,
gooi vingerskadu's oor my oë
en soek die toekoms op die horison.

Jy is verlede tyd,
die hede net 'n oomblik lank,
want in die toekoms wag 'n nuwe dag,
'n nuwe avontuur en 'n nuwe hy.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ode aan die ou jaar
« Reply #1 on: January 01, 2013, 02:03:51 AM »
Elke keer as ek jou liefde tussen lyne lees, wens ek dat daar 'n manier was wat ek myself so kon uitdruk as dit by die grootste seeninge kom: die brandende vlam van die liefde  :love7: :love7: Ek sal hierdie graag in die woordskuur wil bewaar as 'n uitstekende voorbeeld van 'n enkele 'witspasie' wat boekdele spreek  :book1: :icon_salut:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ode aan die ou jaar
« Reply #2 on: January 01, 2013, 08:44:57 AM »
Pragtig geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: Ode aan die ou jaar
« Reply #3 on: January 05, 2013, 05:48:57 AM »
gooi vingerskadu's oor my oë
en soek die toekoms op die horison


Dit is werklik baie mooi.  Dit moet boek toe.  Ek lief die titel, daarsonder sou die gedig 'n heel ander dimensie gehad het. 
Om te weet is om te verstaan.