• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Moldova proves that poverty can be beautiful as well

Started by AB, December 28, 2012, 09:19:50 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

dis nou nie my fotos nie maar fotos van iemand anders, van Moldova, 'n land wat ek nie eers geweet het bestaan nie.

wees gewaarsku daar is vreeslik baie fotos en vat lank om oop te maak.

Dit laat mens besef hoe vol nonsnes mense kan raak oor rygoed en blyplekke ens as daar geld in 'n land is.

http://englishrussia.com/2012/11/22/moldova-the-poorest-country-of-europe/


Meraai vannie Baai

Ek het dit nou soooooo geniet. Dit is ongelooflik rustig. Sou enige tyd daar kon woon. Moet net genoeg verf en kwaste saamneem  :love7:

Naas

Hulle is darem nie so arm nie. Ek sien hulle standbeelde het klere aan. Sommige Euro lande is daar nie eers geld am Dawid aan te trek nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

AB

Quote from: Naas on December 29, 2012, 01:33:15 AM
Hulle is darem nie so arm nie. Ek sien hulle standbeelde het klere aan. Sommige Euro lande is daar nie eers geld am Dawid aan te trek nie.




:icon_bigsmurf:

is waar ja naas ek het nou nie so opgelet nie.

PM

Die rustigheid wat die foto's projekteer is vir my ook opvallend.  Dit lyk nog baie primetief en ek het gewonder of daardie wyn nie 'n ou se maag liederlik aan die rondhol sal sit nie. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

van wyn gepraat

laat y idnk aan wat my landlord vertel het.

hy gaan baie oorsee en het al baie plekke besoek onderandere Pompeii waar die mense onder vulkaaniese as en lawa oorval is, ek dink 1500 gelede?

in elk geval pompeii was nogal goed ontwikkel daai tyd en het lopende water gehad deur lood pype.

met die opgrawinges het hulle baie dinge teëgekom van hoe die mense daar gelewe het.

Baie mense is ( voor die vulkaniese voorval) op min of meer 35 na 38 jaar ouderom oorlede.

daar was baie drinkplekke.... ek meen nou suip plekke soos pubs ( en bordele ook maar dit het nie nou met die saak te doen nie)

een van die pubs het aan 2 broers behoort en hulle was iets in die 70 toe die plek oorval is deur die vulkaan. hulle 2 het net wyn gedrink en nie water nie en die ander mense wat so vroeg dood is is van lood vergiftiging dood.

dus is wyn nie altyd so sleg nie, mens kan dit maar soos water drink. onthou soos water drink meen ek soos water want mens drink so tussen een en 2 liter water deur die loop van dag en aand en suip nie soos 'n perd 6 liter gelyk iewers in die dag of nag nie.


ja my ouma het altyd geseg hou matigheid voor oë met als in die lewe.

PM

Ons begin eers sesuur in die middag drink en dan is dit net twee glasies voor ons gaan slaap.   :icon_biggrin:  Nou hou ek my hand voor oë want dit is twee groot glasies vol.   :icon_biggrin:

Dit was ook die geval met ingelegde voedsel wat in loodblikkies verpak was.  Ai, wat 'n jammerte. 
Om te weet is om te verstaan.