• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

drome

Started by Louis, May 23, 2011, 08:41:36 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Louis

Stadig reis ons deur n mistiese vallei
vroeë oggend mis lê nog teen die berg hange
glinster-glans refleksie van die kristal water meer

ons bestemming
my geheim
n verrassing vir jou
sonderlinge eertydse klip kapel
afgesonder
versteek onder n volmaan hemel

asemrowend
beeldskoon
stap jy na die kansel
jou rok naboots die glinsterende nag hemelruim
die innerlike prag vonkel in jou oë
jou aura
helder gloeiend
lig die weg vir jou

in my drome reis ek soms só ver...

Angelica

Sjoe, baie romanties. En ek hou van hoe jy die woord 'naboots' gebruik het hier.
elle

PM

Ek weet 'n gedig raak my as ek daai krieweling oor my vel kry!  Ek hou van!
Om te weet is om te verstaan.