• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skillie oppie paal

Started by Aspoestertjie, December 25, 2012, 08:59:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Aspoestertjie

My oupa se gunsteling benaming vir 'n man met lang bene is, "hy's 'n regte poepol op pale"
Zuma klassifiseer egter as 'n skilpad op 'n paal. Ek weet Tant Stiene sal verstaat want sy kom ook affie plaas af maar vir julle ander sal ek verduidelik.
"Jy weet hy het nie daarbo gekom op sy eie nie, hy hoort natuurlik net nie daar nie. Hy het nie 'n koeken idee wat om te doen terwyl hy daar is nie. Hy is verhewe bo so vermoens om te funksioneer en gaan teen die spoed van donkerte nerens heen nie.  En almal wat by hom verbygaan wonder watter dom onnosel siel het hom tot daar verhef in die eerste plek."




:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

Ja verseker het die ou wat die skilpad op die paal gesit beslis nie geweet wat hy doen nie.  Dalk was hy maar net onderdruk van die ander skilpaaie wat in hul massas opgetrek het en gedink het dat dit hoog tyd geword het dat 'n skilpad moet koning kraai.  Die hoenders!
Om te weet is om te verstaan.

JC

My ouma was net so slim soos jou oupa Aspoestertjie.  Sy het nou weer gesê daai lang ou is lewenslank en elf dae. 

Meraai vannie Baai

Hiehie, onthou ek my oumagroot se uitdrukking (skies antie Stienie dis in Ingels, nou nie dat sy enige iets anders in die taal magtig was nie) Skin & bone & p*ep*l alone

Naas ou skillie sal nooit weer dieselfde wees vir lewenslank en elf dae nes JC se slim ouma kwytgeraak het LOL!

PM

Ek moet dit uitskryf!   Skin and bone and poepol alone!  Hie hie, ek lief dit om  stout te wees!
Ek het 'n agteroor summersault gemaak toe ek sien onse eie ou Hannesie het hier kom kuier!  My eie ou JC'tie!   Die wetter, 'n mens kan nie eers 'n rustige ou laatslapie vang nie dan kom speel hy op die forum!  Nes 'n stout kind wat kanse vat!   :love7:
Ek dink dit moet daardie mooiste ou foto'tjie van ons eie ou Aspoestertjie wees.  Jis meisiekind, ek het al lankal gesoek na iemand of iets wat weer lewe in die ou siel kan blaas. Ek het gewonder hoekom hy gisteraand so naby my kom lê het. 
Hier is vir jou 'n ou blommetjie om dankie te sê!  Ek lief jou! 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jimmmmeltjie ek nooooit besef onse Hannes is JC  :icon_bigsmurf: Gaan dadelik daai dooswyn agter in die kas bere, ek sien prentjies van PM wat agteroor hbolmakiesie slaan  :bootyshake:

PM

Dit gebeur maar min dat hy kom inloer, Hannes is 'n stil outjie.   :icon_biggrin:
Soos in stille waters diepe grond...   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ek het die kloutjie by die oor gesit en gekrap tot ek onthou het. Is so bly om JC hier te sien. Ek kan ongelukkig nie my sustertjies "join" in die agteroor wat ooakl nie, want my maag gaan my slukderm afruk.

JC

Gawie, jy moet voet by stuk hou mater.   Agteroordonner gaan nie werk nie!
Van nou af gaan julle meer van my sien.  My PM vertel my elke dag van julle kapperjolle en ek het besluit ek wil deel daarvan wees.   
Hier is die lieflikste mense!   Raaitjie,  as ek jou so mag noem,  PM se bek is vol van jou!
Sê sy vir my:  "Daai vrou kan liefde maak met die ABC soos wat jy nog nooit gesien het nie!"
PM deel al die sêgoed met my.  Soggens baie vroeg kuier ek saam met haar op die forum.  Ek lief al AB en Naas se sêgoed.  Hulle is vir my soos my eie bloedbroers.  Maar wag, ek het al meer kwytgeraak as wat ek in 'n jaar praat.  Ek moet nou eers 'n tweede asem gaan skep. 

Meraai vannie Baai

Ek lieffff hierdie kuierplek van hier tot by julle en weer terug JC. Die liefde wat ons hier saambind is onbeskryfbaar en ek kekkel diekant ook Outop se ore van sy kop af oor my kubermaatjies. Sonder lieg, 'n halfuur terug het ons buite gesit en gesels oor presies dit waaroor ons nou hier so lekker kuier  :love7: wonnnerlik om jou in ons kringetjie te sien  :notworthy: :icon_salut:

Meraai vannie Baai

PM, kry bietjie vir JC aan die ore beet as julle wakker word en sleep hom weer 'n slag nader. Vertel hom ons voel afgeskeep en dit gaan nie deug nie!

Naas

#11
Nee O perreskoen! As PM vir JC aan die ore beetkry kom hulle wraggies nooit by die forum uit nie. Dis hoeka Sondag...


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Wat was daai opmerking lankal in 'n ou Afrikaanse sitcom nou weer van voor jy weet....  Dat mens se gedagte nou so kort kan wees. Daar was ook iets van 'n paal in maar niks van 'n skillie of JC nie :icon_bigsmurf: :headbang: :`ip2:

Naas

Vetkoekpaleis. En woertswarts,voor jy weet is iemand weer oppie paal.

Orkney Snorknie. My Woepsie Wapsie se Weense worsie is nog baie lief vir jou. ( in jou leeuveltiertert pakkie)


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Loop my gedagte baie ver vandag.  Vanaand skaam ek my weer helder wakker vir die onheiligheid en dit op 'n rusdag van alle dinge. Wys jou wat alleen aan 'n mens kan doen. Dankie vir heerlik saamkuier tussen die lyne Naas. 'n Laaaaaaaang dag het skielik kort geword. My wederhelf gaan ek vanaand probeer verras met 'n nuwe hoendergereg - ongelukkig het hy klaar snuf in die neus toe ek gister 'n briefie stuur met al die bestanddele wat ek nodig het ander kon ek vir hom gese het dit is konynboudjies lol.