Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Aspoestertjie on December 25, 2012, 08:59:03 AM

Title: Skillie oppie paal
Post by: Aspoestertjie on December 25, 2012, 08:59:03 AM
My oupa se gunsteling benaming vir 'n man met lang bene is, "hy's 'n regte poepol op pale"
Zuma klassifiseer egter as 'n skilpad op 'n paal. Ek weet Tant Stiene sal verstaat want sy kom ook affie plaas af maar vir julle ander sal ek verduidelik.
"Jy weet hy het nie daarbo gekom op sy eie nie, hy hoort natuurlik net nie daar nie. Hy het nie 'n koeken idee wat om te doen terwyl hy daar is nie. Hy is verhewe bo so vermoens om te funksioneer en gaan teen die spoed van donkerte nerens heen nie.  En almal wat by hom verbygaan wonder watter dom onnosel siel het hom tot daar verhef in die eerste plek."




 :mumum:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: PM on December 25, 2012, 11:49:46 AM
Ja verseker het die ou wat die skilpad op die paal gesit beslis nie geweet wat hy doen nie.  Dalk was hy maar net onderdruk van die ander skilpaaie wat in hul massas opgetrek het en gedink het dat dit hoog tyd geword het dat 'n skilpad moet koning kraai.  Die hoenders!
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: JC on December 26, 2012, 05:12:47 AM
My ouma was net so slim soos jou oupa Aspoestertjie.  Sy het nou weer gesê daai lang ou is lewenslank en elf dae. 
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Meraai vannie Baai on December 26, 2012, 08:23:08 AM
Hiehie, onthou ek my oumagroot se uitdrukking (skies antie Stienie dis in Ingels, nou nie dat sy enige iets anders in die taal magtig was nie) Skin & bone & p*ep*l alone

Naas ou skillie sal nooit weer dieselfde wees vir lewenslank en elf dae nes JC se slim ouma kwytgeraak het LOL!
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: PM on December 26, 2012, 08:47:49 PM
Ek moet dit uitskryf!   Skin and bone and poepol alone!  Hie hie, ek lief dit om  stout te wees!
Ek het 'n agteroor summersault gemaak toe ek sien onse eie ou Hannesie het hier kom kuier!  My eie ou JC'tie!   Die wetter, 'n mens kan nie eers 'n rustige ou laatslapie vang nie dan kom speel hy op die forum!  Nes 'n stout kind wat kanse vat!   :love7:
Ek dink dit moet daardie mooiste ou foto'tjie van ons eie ou Aspoestertjie wees.  Jis meisiekind, ek het al lankal gesoek na iemand of iets wat weer lewe in die ou siel kan blaas. Ek het gewonder hoekom hy gisteraand so naby my kom lê het. 
Hier is vir jou 'n ou blommetjie om dankie te sê!  Ek lief jou! 

Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Meraai vannie Baai on December 26, 2012, 10:54:35 PM
Jimmmmeltjie ek nooooit besef onse Hannes is JC  :icon_bigsmurf: Gaan dadelik daai dooswyn agter in die kas bere, ek sien prentjies van PM wat agteroor hbolmakiesie slaan  :bootyshake:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: PM on December 27, 2012, 02:19:30 PM
Dit gebeur maar min dat hy kom inloer, Hannes is 'n stil outjie.   :icon_biggrin:
Soos in stille waters diepe grond...   :icon_biggrin:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Gawelina on December 27, 2012, 07:35:23 PM
Ek het die kloutjie by die oor gesit en gekrap tot ek onthou het. Is so bly om JC hier te sien. Ek kan ongelukkig nie my sustertjies "join" in die agteroor wat ooakl nie, want my maag gaan my slukderm afruk.
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: JC on December 27, 2012, 09:14:00 PM
Gawie, jy moet voet by stuk hou mater.   Agteroordonner gaan nie werk nie!
Van nou af gaan julle meer van my sien.  My PM vertel my elke dag van julle kapperjolle en ek het besluit ek wil deel daarvan wees.   
Hier is die lieflikste mense!   Raaitjie,  as ek jou so mag noem,  PM se bek is vol van jou!
Sê sy vir my:  "Daai vrou kan liefde maak met die ABC soos wat jy nog nooit gesien het nie!"
 PM deel al die sêgoed met my.  Soggens baie vroeg kuier ek saam met haar op die forum.  Ek lief al AB en Naas se sêgoed.  Hulle is vir my soos my eie bloedbroers.  Maar wag, ek het al meer kwytgeraak as wat ek in 'n jaar praat.  Ek moet nou eers 'n tweede asem gaan skep. 
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2012, 10:45:24 PM
Ek lieffff hierdie kuierplek van hier tot by julle en weer terug JC. Die liefde wat ons hier saambind is onbeskryfbaar en ek kekkel diekant ook Outop se ore van sy kop af oor my kubermaatjies. Sonder lieg, 'n halfuur terug het ons buite gesit en gesels oor presies dit waaroor ons nou hier so lekker kuier  :love7: wonnnerlik om jou in ons kringetjie te sien  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2018, 03:12:20 AM
PM, kry bietjie vir JC aan die ore beet as julle wakker word en sleep hom weer 'n slag nader. Vertel hom ons voel afgeskeep en dit gaan nie deug nie!
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Naas on August 26, 2018, 04:28:32 AM
Nee O perreskoen! As PM vir JC aan die ore beetkry kom hulle wraggies nooit by die forum uit nie. Dis hoeka Sondag...


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2018, 06:59:54 AM
Wat was daai opmerking lankal in 'n ou Afrikaanse sitcom nou weer van voor jy weet....  Dat mens se gedagte nou so kort kan wees. Daar was ook iets van 'n paal in maar niks van 'n skillie of JC nie :icon_bigsmurf: :headbang: :`ip2:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Naas on August 26, 2018, 07:41:17 AM
Vetkoekpaleis. En woertswarts,voor jy weet is iemand weer oppie paal.

Orkney Snorknie. My Woepsie Wapsie se Weense worsie is nog baie lief vir jou. ( in jou leeuveltiertert pakkie)


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2018, 08:05:47 AM
Loop my gedagte baie ver vandag.  Vanaand skaam ek my weer helder wakker vir die onheiligheid en dit op 'n rusdag van alle dinge. Wys jou wat alleen aan 'n mens kan doen. Dankie vir heerlik saamkuier tussen die lyne Naas. 'n Laaaaaaaang dag het skielik kort geword. My wederhelf gaan ek vanaand probeer verras met 'n nuwe hoendergereg - ongelukkig het hy klaar snuf in die neus toe ek gister 'n briefie stuur met al die bestanddele wat ek nodig het ander kon ek vir hom gese het dit is konynboudjies lol.
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: PM on August 26, 2018, 11:15:16 AM
Ag toggie, die ou is olik man.  Het darem al 'n kilo opgetel maar nog baie swak.  Ek sal probeer om hom weer hier te kry. 
As dit nie vir ons "onheiligheid" was nie?  Nee wat, moenie skaam nie.   :bootyshake:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: Meraai vannie Baai on August 26, 2018, 11:19:33 AM
As mens maar gewig kon skenk.... ons hoop dat jou hart se punt gou weer homself gaan wees PM. Stuur baie groete van oorkant die waters groot asb hoor.
 :love7:
Title: Re: Skillie oppie paal
Post by: PM on August 26, 2018, 11:45:39 AM
Dankie Raaitjie, ek maak so.   :love7: