• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skote Petoors

Started by Christinna Slot, December 23, 2012, 11:53:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Christinna Slot



Toe ek jare gelede swanger was met die tweeling besluit die oom om onse vreugde uit te beeld
vir ieder en elk. Dit was 'n foltering in oortreffende trap maar die kiekie is geneem en hang nog
al die jare (al veertig van hulle) bokant ons vuurherd.

Naas

Smaak mos vir my Antie was 'n merrie van ander proporsies op Antie se jong dae. Hi Ho! Silver!!





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Goeiste Antie Stienie,  dit is nou vir jou 'n paar trappers uit 'n sprokiesverhaal. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hieehieheiehei, ek giggel alweer. Sien wat Antie bedoel met dubbelloopfamilie  :toothy4: :`ip2:

PM

 :read2:  Dubbelloopfamilies is skaars ja!  

Ek kan sien Antie Stienie is 'n plaasmeisie so uit die boonste hakke rakke.   :icon_biggrin:


:pottytrain2:  Skuus,   vingerflater.

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Daardie is nou vir jou omtrent 'n paar hakke wat enige bul sal laat brul PM  :icon_biggrin: Ek wil nie naby 'n lewendige dier wees met sulke steltes nie. Kan dalk net familie gewees het  :`ip2:  My kiewe is al kreupel gegiggel vir die kommentare orals Ek kan sien Antie Stienie is 'n plaasmeisie so uit die boonste hakke rakke  :hello2:

PM

Dalkies, net dalkies, kan Antie Stienie daai foto Langkloof toe neem en vir Oupa se bul gaan wys.  Dalk ruk dit hom skoon uit sy stinksinnigheid uit!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

nou watse tipe plaas het Tannie Stinnie ... ons het kaalvoet geloop ... selfs skool toe wat oor die 10 km soontoe en weer oor die 10 km huis toe was ...
tot vandag hier in die stad weet my voete nie wat om met skoene te maak nie ... ek hardloop kaalvoet in die winkels in,
dan sien ek die snaakse gesigsuitdrukkings wat my vraend na kyk ... maar hulle het pyn, nie ek nie ...

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

Quote from: Ah Willa on December 24, 2012, 09:28:17 AM
weet my voete nie wat om met skoene te maak nie ...

hie hie hie, oulike bêre-sêding

:grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Amen matertjie, voorwaar 'n bêre-sêding en so ook jou pragtige beskrywing vir  :book1: toe-woorde  :love7: :notworthy:

Meraai vannie Baai

Ek wil nou nie skinder of stinkmaak nie maar ons KON kuier op ons dae met dubbelloop-persoonlikhede ook  :`ip2:

PM

Ek het nou eers weer myself besimpeld gelag.  Mis ek die dae wat ons so saam gekuier het.  Iets seg vir my ons gaan dit nou weer doen.   :headbang:

Raaitjie, daai "stinkmaak" het my dubbel gevou!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek voel regtig soos 'n weeskind en hoop van harte dat jou voorspelling waar gaan word PM. Giggel alweer na ek deur alles gelees het saam met jou   :toothy4:

Naas

Assie vra hulp, sy het haar paspoort na die forum vergeet.
Sy se ek moet vir julle laat weet dat Oupa hom so vererre het vir die bul wat met die slinger gestart moet word, hulle eet nou nog steak vir ontbyt. Daar is nou 'n nuwe bul op die plaas en hulle sukkel glo om die glimlag van blommetjie se gevreet af te kry. Die bul het nou wel nie 'n dubbelloop nie maar blykbaar raak sy magesyn nie sommer leeg nie. Maar Assie kan maar later self die storie vertel.



:icon_bigsmurf:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ja-nee!  ('n Gunsteling stelling in Afrikaans, en slegs in Afrikaans.)
Daai is nou 'n paar "cowboy boots" wat jy nie gou weer sal sien nie.   :icon_biggrin:

Naas, jy kan mos vir Assie help dan nie? Vra net vir 'n nuwe wagwoord.
Om te weet is om te verstaan.