Author Topic: Kinders en maniere  (Read 6250 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Kinders en maniere
« on: December 19, 2012, 07:04:50 AM »
Wie se plig is dit om kinders maniere te leer?  Ek het altyd gedink dis die ouers s'n, maar tot my skok moes ek die laaste paar jaar agterkom dis hoofsaaklik onderwysers en oppassers s'n.  Maak my nogal moerig en soms, net soms, jeuk my hande vir pa, ma en kleinding.

Gister het my seuntjie weer 'n slag opgedaag vir dagsorg nadat hy meer as 'n week by sy ouma was.  Sommer met die intrapslag het die trane gevloei en hy was regtig ongedurig.  Ek het hom 'n persentjie belowe vir kersfees en dog okey, kom ons koop dit nou maar.  So belowe ek hom ene as hy ophou huil.  Ons is dorp toe en by die PEP boutique kry ek toe 'n mooi helikopter wat natuurlik my sak pas.  Nodeloos om te sê, dit het groot pret verskaf vir so 'n paar minute en toe begin die man die ding uitmekaar haal.  Ek wou stuipe kry! Toe sy ma hom kom haal, is sy baie beïndruk met die persent.  Ek noem dit toe vir haar dat hy klaar die wiele afgebreek het.  Haar reaksie?  O ja, dis hoe hy dit doen.  My f#$%&^@!  :violent1:  License to kill?  Mooi so my seun, dis hoe mens leer.  Gmf!!! Ek mors nie weer my swaarverdiende geldjies op hom nie. 

Leer mens nie jou kind van kleins af om sy goed op te pas nie?  My kinders het nou nog van hulle speelgoed wat hulle op 4 jarige ouderdom gehad het.  Ander mense se kinders het hulle goed gebreek.  Ek onthou nog goed hoe kwaad Anchen eendag was vir 'n ander kind wat haar goed gebreek het.  Sy was toe net so oor die 4 jaar.  Sy het handjies in die sye gestaan en beslis gesê:  Hierdie speelgoed word nou gebêre, want julle breek my goed.

Is ek verkeerd as ek sê dat 'n kind van 4 laaaaakal die begrip van moenie goed breek nie, moet baasraak?  Myne het.  Ag nee wat, mense moet nie so maklik kinders kry nie.  Daar behoort 'n eksamen te wees vir voornemende ouers.  Magtag!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kinders en maniere
« Reply #1 on: December 19, 2012, 07:48:24 AM »
Weet jy Gawie, ek kom al meer agter dat intellegensie en korasie defnerooiteef in verhouding met mekaar staan. In die hoerskool (besluit maar self of jy die doitjies wil opsit) sien mens duidelik dat die met min verstand, of lae ik, of onnooslike denke, of wat jy dit ookal wil noem, eerste oor die agterdeur loer. Eerste begin vry en veral deesdae eerste dit regkry om pa's te word.
Ek noem veral pa's omdat dit by die seuntjies begin en glo dit as jy wil of nie, meisies van ALLE ik's val gewoonlik vir die korasiegedryfde morone.
Daar word volgens my, nog steeds te min op skool gedoen om kinders (nie leerders nie, kinders) voor te berei om ouers te wees. Die staat betaal maklik toelae vir enkelouer meisies maar ek dink hulle moet eerder 'n wet maak wat die ma's verplig om die eerste sewe jaar, tot die kind skool toe gaan, by die huis te bly en die kind op te voed.
Hierdie onderwerp het soveel takke dat mens heeldag daarin kan rondklim sonder om die grond te sien.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Kinders en maniere
« Reply #2 on: December 19, 2012, 07:59:40 AM »
Ek weet nie veel van die goetjies af nie maar Oupa se die dae toe die kinders se skandes nog die ouers se skandes was was riemspring nog 'n boeresport.





 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Kinders en maniere
« Reply #3 on: December 19, 2012, 01:05:10 PM »
'n Wyse oupa voorwaar Assie.   :icon_biggrin:

Ai Gawie, dit is 'n algemene probleem.  Daar waar ons gewoon het was die naweek vier gesinne met kinders.  Een dogtertjie was die oulikste dingetjie, die ander drie was reg uit die hel wat hulle ouers vir hulle skep. 
Die ma praat met die kind, hy steur hom nie aan haar nie, sy praat en praat en hy doen net waarmee hy besig is.  Die pa kyk toe.
Die ander klein brat skreeu soos 'n mynfluit as hy nie sy sin kan kry nie. 
Hulle spring met hulle vuil voete op die meubels en raas dat hoor en sien vergaan en die ouers speel dood. 
Een klein dogtertjie klap sommer altwee die ouers as hulle met haar praat.  Hulle laat dit toe en dink dit is 'n groot grap. 
Waar gaan dit heen? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kinders en maniere
« Reply #4 on: December 20, 2012, 09:35:23 PM »
 :toothy4: :book1: :notworthy: