Author Topic: Met toestemming lank gelede geskaai en bewaar.  (Read 4939 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Met toestemming lank gelede geskaai en bewaar.
« on: December 19, 2012, 12:55:42 AM »
Onthou daar is geen ander opsie as opstaan en aangaan nie. Die dag as jy gaan lê en bly lê as iets jou onder kry is jy waarlik dood ...

My pa het my geleer dat jy nie moet spyt wees oor die dinge wat jy gedoen het nie maar liewer spyt moet wees oor die dinge wat jy nie gedoen het nie ...

Ek weet mans word nooit groot nie maar dat net hulle speelgoed groter word. Maar wragtag het ek agtergekom dat baie van hulle se breine nie saam met hulle speelgoed groei nie ...

‘n Groot huis en kar bring nie geluk nie, ook nie ‘n poppie met lang bene en ‘n boeb job wat wat ‘n baba op ‘n 100m kan honger maak nie ...

Die ding wat my boude laat bewe is nie die reaksie nie maar die tekort aan reaksie ...

Ek worry myself skeef ...

Dit laat my dink aan iets wat my pa my geleer het, adapt or die ...

Daar is nie ‘n beter manier om ‘n varktjop en ‘n glas rooiwyn te verteer as om te lê en niks doen nie ...

As ek dink aan die hoeveelheid tyd wat ek aan werk spandeer kry ek rillings ...

Ek het nog nooit ‘n babalaas afbetaal nie en ek glo ook nie mense moet toegelaat word om dit te doen nie ...

Dan kry jy daardie style wat vrouens gewoonlik doen, hulle hare agter so laat opstaan ...

Ek sê jou nou, die wêreld se geld sal my nie in ’n skrum laat sak met een van daardie mannetjies nie ...

Ek weet hy is opsoek na ’n bal maar ek wonder oor watse bal hy regtig najaag ...

Hier kom die kramp in my liggaamsdeel wat met stoele kontak maak ....

Ek gaan my braaivleis van die rooster asook my gat vir jou aflag...

As jy ‘n bikini aantrek en jou vetrolle dek soveel van die bikini dat dit lyk asof jy ‘n nudis is moet jy nie in daardie ding wees nie ...

Hoe kan daar verwag word dat my manlikheid deur die grote van my kar se uitlaatpyp bepaal word?

My uitlaatpyp is baie klein en dit wys nog af ook. In straattaal beteken dit seker dat ek impotent is ...

Ek dink jy kan seker ook ‘n sonbril in die huwelik dra. Dit maak vir my sin aangesien dit al daardie skerp onnodige stront uit filter dat jy ‘n helder prentjie kry...

Die pyn van man wees is ongelooflik, veral as jy soos ‘n seuntjie, moet sit en kyk na iets wat joune is en waaraan jy nie kan vat nie ...

Tupperware is van daardie ingeboude opgevulde outjies - iets wat ek glo enige baba op ‘n 100 meter sal honger krampe gee van lus ...

Ek glo ‘n blinde man kon dit raaksien as hy sy hond in daardie windrigting laat kyk het ...

Jy weet jy bly op die platteland wanneer jy na 13:00 op ’n naweek inkopies wil gaan doen en jy kan nie ...

Hulle kom van Australië af, egte Ausies, nie uitgevoerde modelle van SA af nie ...

Jy het nog nie aanwysings gekry as jy nog nie aanwysings van ‘n kleurling gevra het nie ...

Ek stem saam jy moet mense aanvaar vir wie hulle is maar dit gee jou nie ‘n lisensie om McDonald’s aandele oor die toonbank te koop nie ...

Onthou dat daardie mense wat jy probeer “impress” ook die eerste wetters gaan wees wat jou gaan kritiseer ...

‘n Slegte vry bly ‘n slegte vry en sover ek al geleer het is daar niks om dit reg te maak nie ...

Die lewe is TE kort vir swak koffie, kos en drank ...

Bakkies het die briek vermoë van ‘n trein en maak my senuagtig as hulle op my gat ry ...

My binnebeen lyk soms soos die wange van ‘n tiener ...

Toe ek diensplig doen toe val die sterre van die Scope meisies se boebies af en ek kon uiteindelik sien wat my as baba aan die lewe gehou het. (Ek mis baba wees) ...

Een van die mees bekendste paint strippers is Polisie koffie oftewel brandewyn en Coke ...

Meeste van die dinge in my lewe val ek aan soos ‘n honger boemelaar ‘n Wimpy burger gaan aanval en tog is daar dinge wat ek nie doen nie waaroor ek spyt sal wees ...

Selfs vir bedelaars is daar voordele om sorry-gat te lyk die heeldag ...

Almal, behalwe my ma, weet dat seks verkoop. Maar nou sien ek dat bedelaars ook dit agtergekom het en begin verkoop asof dit uit die mode gaan ...

Stywe toppie wat lyk soos twee hoofpynpille op ‘n strykplank gevolg deur ‘n stywer broekie wat dit selfs vir ‘n blindeman moontlik sal maak om te sien wat sy te sê het ...

Dit was beter gewees as cleavage dag of selfs ‘n jean wat mooi om ‘n pragtige stel boude sit want sy het in ag geneem dat ek ook ‘n sensitiewe mens is ...

Alles in die rap en hiphop kultuur gaan oor hoeveel bling jy het, bling is juwele en ander rykmans goeters. As jy nie bling het nie is jy niks nie ...

Wys my ‘n vrou wat nog nie na ‘n siek man omgesien het nie en ek wys jou ‘n plank sonder ‘n kwas ...

Gee vir haar een selfoon en een motor en jy het iets wat ‘n motorbom aanvaller verby steek op enige gevaarlikheidsvlak ...

Die satisfaksie om ‘n een groot middelvinger vir iemand te wys nadat jy iets reggekry het waarvan jy verseker was jy gaan nie kan nie is seker een van die lekkerste klein plesierritjies in die wêreld ...

Soos ‘n veertienjarige seun se baard is daar plek-plek ‘n fiets te sien ...

Motors staan soos ‘n begrafnis op ‘n klein dorpie ...

Dit is helse koud gewees en ek het soos ‘n elektriese tandeborsel gebewe ...

Soos my pa my geleer het, “jy hoef nie jou taal te mix nie, jy kan dit avoid as jy hard try” ...

Jy kan straight sien as iemand wat vir die tuisspan kolf of straight hel toe as jou eks meisie jou met haar suster vang ...
« Last Edit: December 19, 2012, 12:57:49 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Met toestemming lank gelede geskaai en bewaar.
« Reply #1 on: December 19, 2012, 07:32:49 AM »
"Jy het nog nie aanwysings gekry as jy nog nie aanwysings van ‘n kleurling gevra het nie ..."

Verdwaalde Nataller aan Kaapse klong: "Se my, wat is die vinnigste om by die Waterfront te kom?"
Kaapse Klong: "Stap djy of ry djy?"
Nataller: "Ek ry."
Kaapse Klong" "Nei ma daais mos die vinnigste manier."



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Met toestemming lank gelede geskaai en bewaar.
« Reply #2 on: December 19, 2012, 01:16:42 PM »
Dankie Raaitjie, dankie Naas, ek het geniet. 
Om te weet is om te verstaan.