• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skimlesers

Started by Naas, December 17, 2012, 11:52:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek verwonder my altyd hier oppie forum oor hoe baie mense die posts lees. Smaak my daar is baie skimme wat stilweg hier ronddwaal.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Gawelina

Lees hulle, loer hulle of steel hulle? :`ip2:

AB


Meraai vannie Baai

Ek volg hulle spore suutjies. Julle sal verbaas wees hoeveel resepte en taalkundige plasings word gedruk!!!

Ah Willa

Dis hoekom ek dink die post van die forum moet net gelees kan word deur die lede ... dis 'n setting wat per forum gedoen kan word ...
as jy nie lid is nie ... moet jy mos nie net sommer kan lees, druk en eet van ons vrugte nie ... ha ha
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Nee wat Willa. Gee die Duiwel wat hom toekom anders het sommige mense nerens om na toe te gaan na hierdie lewe nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ja wat ek stem saam, laat hulle maar lees en druk.  Ten minste weet ons daar is mense wat belang het by wat ons doen.  Ons deel graag.  Dan "steel" ons ook graag!  :icon_biggrin:  Met toestemming natuurlik. 

Daar is een ou met 'n webblad en ek lees gereëls ons goed daar.  Hy maak natuurlik of dit sy eie is, maar ek weet van beter.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Name en SHAME sy blad ... as jy hier lees jou skurk ... kom kuier eerder saam en groei soos ons elkeeen doen!!  :angel12:  Ons sal jou vergewe en nogsteeds met jou klets oor AFRIKAANS  :headbang:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

O hallie ha Willa, ek kan nie help om uit my maag te lag nie!  Ek glo dat hy net so lief is vir ons taal as wat ons is.  Ek hoop van harte hy lees hier en sluit by ons aan.  Ons kan ook net so 'n groot bydrae lewer op sy blog. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My bloed gekook en my laat struikel toe ek eendag op so blad afkom. Nogals jou woorde gewees wat gesteel was PM! Stem saam, kom kuier saam ons of gee net erkenning vanwaar dit gegaps of geleen is. Om briefie te skryf en toestemming te vra is so maklik as om jou elmboog te lig en 'n rooietjie te geniet.

Gawelina

Miskien moet 'n mens 'n opmerking by so 'n plasing maak as jy daarop afkom.  Dat ander lesers kan sien watter pp die ou is. :icon_scratch:

Ah Willa

 :angel4:  Dalk moet ons mekaar ook net laat weet as iemand ons woorde gaps ...
ek het nog nie op so iets afgekom nie .. maar as ek doen, sal ek dit hier kom deel by hierdie post  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

NS vir die gapsers wat hier kom gaps ... gaan asb eers na die link toe : http://en.wikipedia.org/wiki/Digital_forensics

Dis wel 'n tydsame en 'n duur proses, maar wel een wat in 'n hof sal getuie staan teen jou en as ek my maats se woorde moet help verdedig/of my eie - sal ek nie skroom om hierdie roete te volg nie ...

so, vra liefs, mag ek deel en gee herkening.

en kom kuier tog om hemels naam saam en laat jou eie talent groei!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w