• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Nagfotos

Started by Meraai vannie Baai, December 17, 2012, 04:30:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Vuurwerke ('n kortstondige tuin teen die hemelruim) of jy lief dit of jy haat dit.
Dit is gewoonlik die tyd wat Outop geleentheid kry vir nagfotos wat altyd 'n uitdaging is.
Die is gekliek vanuit ons erf.

Lank voor die 'groot aand' word die cowboy dorpie se inwoners gewaarsku dat daar
'n vuurwerkvertoning tydens die jaarlikse fees vir die kleingoed gaan wees.
Die presiese tyd word geadverteer om troeteldiere binneshuis te neem waar moontlik
of andersins te beskerm.






Naas

Wonderlik. Dit is seker van die moeilikste fotos om te neem, behalwe blitse.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Eish, bliksemstrale is beslis moelikste gedoentes om vas te vang. Ek stem Naas! Honderd persent  :notworthy:

Naas

Dis hoekom ons hulle bliksemstrale noem... "Bliksem! Ek's weer te laat'"



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

AB

dankie vir die wys...ek geniet vuurwerk vertonings baie maar hier rond is nie sikke goetie.

rina, jy seg vuurwerke vir die kinders....maaaaaarie groot mense geniet dit die meeste.

seg dankie vir outop vir die afneem dat jy kan wys

Meraai vannie Baai

Heheheh, Naas dis so waar!!!!  :icon_biggrin: Stoffeltjie jy seg netso ware ding van die groot wat ook geniet. Sal jou dankie oordra aan myse Toppie hoor  :notworthy:

Ah Willa

die prentjies is mooi - maar ek haat vuurwerke met 'n pasie omdat simple mense onverantwoordelik is en nie 'n duim omgee wat dit aan diertjies doen nie, en na elke geleentheid waar die goed geskiet is, sit ons outjies in die rescue organisasies met die lyke wat hanteer moet word, die uit ogies, die af sterte en gebrande bang lyfies wat met die dronkenskap wat 'n idiot se grap moes saam gaan ....

ek haat vuurwerke!!

Maar dis ook pragtig as dit verantwoordelik deur 'n profesionele persoon hanteer word, weg van gebiede waar diertjies geen keuse het nie ...

ek lief wel die foto's wat julle geneem het ... dis ongelooflik goed ... nie die maklikste foto om te neem nie.   :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Die fotos maak darem nie my hond bang nie. Gelukkig het outop dit in stilte afgeneem.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

 :toothy4: Ja Naas, my honne was ook nie bang toe ek na die mooi foto's gekyk het nie ...  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Daardie nagfoto's lyk soos 'n blomtuin.  Pragtig!  Dankie vir die deel Meraaitjie en dankie vir Outoppie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Deel is mos deel van die groot plesier  :toothy4:

Fransi

Dit is regtig so so mooi.