• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vloeiende water vasgevang met drie verskillende verstellings

Started by Meraai vannie Baai, December 17, 2012, 01:05:16 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai



Vir die kamerakundiges onder ons, plaas ek Outopie se inligting:

1. Kamera gestel op F5.6 1) 2000sec ISO 800
2. Kamera gestel op F5.6 1) 100 sec ISO 100
3. Kamera gestel op F32 1) 2 sec ISO 100

AB

dankie dis lekker om te sien wat die verskil in spoed maak en op die ou end is al 3 mooi fotos wat sy eie trefkrag.

Meraai vannie Baai

Ek sal moet leer waar watter knoppie sit AB, ek lief Outoppie se geduld waarmee hy kan sit en speel en waaaag en waaaag ... jou eie fotos het ons al BAIE GROOT plesier verskaf!

Naas

Jy's reg AB. Spoed en beligting.
'n manemarak (verdraaiing van kameraman) moet meer as een geduld he.
Met my parkeersins bewe ek so dat ek nie eers twee van die drie pote opgeslaan kry om die kiekieboks stil te hou nie.
Kry nou 'n blink idee. Miskien moet en vir my 'n videodinges koop. Dan kan ek sommer in die loop uit die heup uit skiet.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

O dit is drie besonderse foto's.  Baie dankie vir die deel Raaitjie. 
Nooit in my lewe het ek gedink ek sal so mal wees oor kiekiekyk nie.  My moed sak in my skoene as almal wat terugkom van vakansie af eers die kiekies wil wys.  Julle foto's is werklik 'n groot plesier.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

EHheheeh manemarak se kiekieboks en videoding wat uit die heup kan skiet, pure cowboy style is ons nou hier vermaak! Ekke giggel amper ons kaboutertjie wakker. So bly julle het almal ook geniet om saam te kyk. Hoe arm sou ons lewe gewees het sonder saam kuier omme kiekie of tien  :crybaby2: PM dis nou groot pluimpie dat jy dit ook geniet hoor  :love7:

PM

O ja, ek geniet dit beslis.  Dit is 'n groot voorreg. 
Om te weet is om te verstaan.