• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Spaanse eenpotgereg

Started by Gawelina, December 12, 2012, 11:33:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Gawelina

Sous

125 ml tamatiesous
40 ml sojasous
10 ml kerriepoeier
10 ml droƫ gemengde kruie
500 ml water


Gereg.

2 uie, in ringe gesny
1 groot soetrissie, in repe gesny
Olie om in te braai
250 g knopiesampioene, gehalveer
3 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
500g maer gemaalde beesvleis
250 ml rou rys
1 groot eiervrug, in blokkies gesny
Sout en vars gemaalde swartpeper
2 groot aartappels, geskil en in skywe gesny


Metode

Laat prut bestanddele vir sous  10 minute lank.

1.   Gebruik groot swartpot en soteer ui en soetrissie tot sag.  
2.   Voeg sampieoene by en roerbraai tot ligbruin.
3.   Voeg tamaties by en soteer tot sag.  Skep uit
4.   Braai maalvleis bietjie vir bietjie tot gaar en skep uit
5.   Braai rys effens bruin.
6.   Skep al die gebraaide bestanddele terug in pot
7.   Voeg eiervrug by en geur mildelik met sout en peper
8.   Giet helfte van sous oor.
9.   Pak aartappelskywe bo-op
10.   Giet res van sous oor en vul aan met warm water indien nodig.
11.   Die gereg behoort gaar te wees as al die vleistof geabsorbeer is .  roer so min as moontlik.
12.   Genoeg vir 6 mense.


Ek gebruik meer aartappels en nie eiervrug nie, omdat my gesin nie daarvan hou nie. Die tamaties en uie het ek al met 'n blikkie tamatie-en-uie-smoor vervang.  Ek braai ook sommer al die goed "once" saam en gooi die vleis sommer rou in.  Maak dit net los met 'n vurk.  Dit was nog nooit nodig om die vloeistof aan te vul nie, maar dit sal seker meer souserig wees indien jy dit wel doen.  My gesin is lief vir broodrolletjies en piesangslaai hierby.  Deur net die maalvleis en aartappels meer te maak, voer jy sommer 'n klomp honger magies.  Hierdie is een van my gunstelinge wanneer ek gaste kry en die geld vir kos skaars is.

Enjoy

Meraai vannie Baai

Ekke lieffff die afdeling. Dankie juffrou Gawes vir die aandra en deel.  :notworthy: :hello2:

PM

Hmmm, hierdie een klink reg vir vanaand.  Maalvleis twee keer in 'n ry?   Nee.  Dalk volgende Maandag.  Dankie juffrou Gawie.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek hou van eenpot getregte want dis een pot en drie lepels om te vas vir ons gesin ... so maklik .. ek gaan die een probeer dankie Gawie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w