Author Topic: Eenvoudige herderspastei  (Read 7418 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Eenvoudige herderspastei
« on: December 12, 2012, 10:47:49 AM »
4 porsies

    45 ml olyfolie
    1 ui, fyngekap
    1 knoffelhuisie, fyngekap
    3 wortels, in klein blokkies gesny
    1 pakkie sampioene in repies gesny
    1 kg maalvleis
    1 blik (410 g) gekapte tamaties
    5 ml gemengde droë kruie
    250 ml beesvleis-aftreksel
    sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
    30 ml mielieblom
    100 ml water

Bolaag

    5 groot aartappels, geskil
    30 ml botter
    100 ml warm melk
    1 telepel bakpoeier
    sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180ºC. Kook aartappels vir bolaag tot sag en geur met sout. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, knoffel en wortels saam vir 5 minute. Voeg maalvleis by en braai tot dit los en nie meer pienk is nie. Gooi tamaties, kruie en aftreksel by. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir 40 minute. Meng mielieblom met water tot ’n gladde pasta. Voeg by die vleismengsel en kook tot verdik. Gooi mengsel in ’n oondbak van so 30 x 25 cm. Dreineer gaar aartappels. Voeg melk met bakpoeier gemeng by en druk fyn. Roer botter by  en geur. Skep kapokaartappels bo-op vleis en trek strepies met 'n vurk.  Bak vir 30 minute tot goudbruin.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Eenvoudige herderspastei
« Reply #1 on: December 13, 2012, 02:46:46 AM »
Oe la la. Dit klink smaaaklik!!