• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Be Sprokies

Started by Naas, December 10, 2012, 04:41:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Lees ek nou weer Miss Gawie se sprokies en nou wonder ek wie die padda gesoen het? Was dit regtig die prinses of was dit dalk die prins?
Ek weet die prins het die giftige appelstronk uit Aspoestertjie se keel gesuig... (want ek was daar)
Al die gevryery in die sprokies maak my skoon ddeurmekaar.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek het mos lankal self so geparadeer tussen die gefoefelry van Aspoestertjie op haar oupa se plaas met die veeartsie. Tog te bang ek mis 'n paragraaf en wou nog geniet toe sien ek 'Die Einde' geparafeer deur die prins homself  :`ip2: Klim sommer op my besem en vlieg Langkloof toe  :crybaby2:

Meraai vannie Baai

Sien! Nou't al die gevryery my ook deurmekaar, verlang ek na sprokies van laaaaank gelee'

PM

Ek dink dit het tyd geword dat Aspoestertjie weer 'n bietjie kom kuier.  Die probleem is nou net dat die kind 'n nuwe padda sal moet kry.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sowaar as padda manel dra is dit nou wonnnnerlike voorstel PM!! Laat ons begin adverteer:

:wav:

:love1: Paddaprins gesoek vir Aspoestertjie :icon_king:

Gawelina

Aspoestertjie en die prins is so besig met ander prinse en prinsesse dat ek wonder of twee paddas haar nie dalk eerder sal lok nie.

Naas

Julle... Nou wonder ek oor Zuma. Is hy nie dalk die paddaprins nie? Elke keer as hy 'n padda soen het hy nog 'n vrou.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Gawelina

 :sign10:
Nooit anders nie.  Jis, jy is slim so vroeg in die môre!!!! :icon_study:

PM

Ek wonder nou net of dit hy is wat die paddas soen en of dit die paddas is wat hom uitsoek om gesoen te word!Onthou net, elke padda kry 'n paleis met 'n pragtige stort!
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

baie paddatjies kom sit by my
bring julle lippies en soen vir my
maak julle beentjies stofdig toe
en stort elkedag sommer vroe
kwaak kwaak kwaak
kwek kwek kwek
baie padaatjies maak my gek!

PM

 :icon_biggrin:  Ek sien die prentjie! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Heheheh, ek sit heen en weer en wieg terwyl ek lustig sing ... baie paddatjies kom sit by my ... toe ek nog so vrolik sing, sien en hoor ek daardie kleurlingvroutjie wat haar boudjies so kan swaai en dubbelvou terwyl sy in 'n kringetjie dans. Sien ek myself met Gawie se lirieke  :angel4:

Gawelina

Dit is 'n ou ou gediggie wat ek gereeld as 'n spreekkoor doen met my kiddies.  Oorspronklik klink hy so

tien klein paddatjies kom sit in 'n kring
bring julle boekies en laat ons sing
maak julle bekkies wawyd oop
en sing vir my so soet soos stroop
kwaak kwaak kwaak
kwek kwek kwek
tien klein paddatjies maak my gek!

Kiddies is MALLLLLL daaroor.

PM

Dit voer my ook terug na baie jare gelede. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek lief die rym en ritme  :love7: