• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Epitaaf (Grafsteengeskrif)

Started by Meraai vannie Baai, December 10, 2012, 01:01:28 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Op versoek van PM word ons grafskrifte (ernstig tot immer gewild) ook uitgestal in die woordskuur  :icon_salut: :notworthy:



"ἐπιτάφιος"

Op die seisoenlose pelgrimstog
knak die pionier vir oulaas knieg;
skud die hand aan die anderkant

hierdie hoofstuk - met geboorte alreeds
verdoesel in houtgeruste enjambament

van lig na donker, die onvermydelike
somtotaal van lewenskruis en munt.

© Meraai vannie baai

EN OP LIGTER NOOT VERTOON DIE WOORDE OP DIE STEENSKRIFFIES SO:

Op 'n mooie dag was sy daar,
niemand sou kon raai, maar
sy het in die nuut uitgestaar,
en nie die voertuig wat haar gestamp het gewaar!

© Trapsoetjie

******

Naas se epitawe:

Hier lê ek,
die eerste keer in my lewe,
dood.

© Naas

Nou skryf ek maar
hierdie Epitaaf
want ek hoor,
daar's manne met 'n graaf.

Al draai ek nou hier om
bo sal ek nie weer kom
want die kluite wat hul gooi
maak hierdie een, my laaste sooi.

© Naas

Dankbaar lê ek hier,
my siel uit te rus.
My buurman het g'n hond
dis die dat ek dankbaar is.

© Naas

Vir ou laas,
hier lê Naas.
Deur die lewe gehaas.
Op pad na êrens,
kom hy toe nêrens,
behalwe hierdie plaas.

© Naas

Hier lê Jo
Die minisipale ou
geen paaie gebou.

© Naas

Deur die lewe moes ek haas
en viagra het my gepas
daarom is ek nou nie meer 'n las,
ek spyker sommer my kis van binne vas.

© Naas

******

Hier lê Jhonny Sandra
ons moes hom omdraai
oor sy liefde vir viagra.

© PM

******

"Tried everything twice...both times were nice!"

© PM

******

hier lê ek nou, marmerkoud,
my los skroewe sò benoud,
geen vet, o gedorie,
my gewrigte te olie,
vergaan tussen koolstof en hout.

© adéle

******

Hier lê Trapsoetjies, sy wou nie Soetjiestrap nie.

Met die draai van die lewe
het sy deur gejaag
..wie sou kon raai dat sand
haar tot ruste sou bring!

Na nog het sy gestrewe
tog was alles so vaag
..bring dit haar tot die rand
waar almal net mooi woorde sing!

Toemaar sy is vergewe
al het sy soms haar lewe gewaag
..met 'n geweer wat in haar hand brand
is sy deur haar lewenskring!

© Trapsoetjie

******

Hou jou trane en kranse.
Geen klipsteen sal hys
blomme, lag en baklei,
vir ewig nou verby!
Wil jy graag onthou;
kuier saam in shelters
vir dier en mens,
want hierdie mens,
Willa, is vir ewig weg!

© Willa

******

Grafsteenskrif van 'n gedig

Hier pronk die pes en plaag
van 'n familie se fiemies;
die geite en geheime
van huis en haard ...

So het gedagtes en oomblikke -
kale repies versugtinge of onrus,
'n rusplek gevind tussen die vrede
van verse ...

© Meraai vannie baai

******



Meraai vannie Baai

#1
En hier is onse Gawie se grafskriffies wat boek no 2 gaan versier.

Hier lê Gawie
In haar lewe baie steke gemis,
helaas in die dood
dieselfde gewis!

© Gawelina

Hier rus Juffrou Gawie
In die lewe van warm verse gehou,
helaas in die dood
nou 'n koue vrou.

© Gawelina


as ek my laaste rusplek vind
strooi my as in die wind
en hul sal vanself
hul pad na jou toe vind

© Gawelina

*********


PM

Ek het hierdie nou almal dankie Raaitjie.  AB het gesê ons kan syne net so plaas, dit is reg met hom. 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ek wonder of die laaste reël van  Gawie se laaste ene nie dalk liewer moet lees: en hul sal self die pad na jou toe vind. Die "plekkie" klink skielik nie reg nie. Ek vra ma net.

Meraai vannie Baai

#4
Sal hoor wat PM dink matertjie. Ek lief die steengeskrif-humorkrukke wat ons deur die lewe dra en hoop dat die maters wat nog nie hulle eie geskep het nie, dit vir ons sal bring om in boek twee by hierdie struktuur uit te stal. PM borg die strukture, so dit is gratis vir maters wat wil deelneem.

:love7: :notworthy:


PM

Ek het dit vir jou reggemaak Gawie.  Dit klink beter ja. 

Raaitjie, jou sin vir humor is eindeloos matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek nou weer met respek vir my skrywersmaat ...daai 'ou'. Hy weet wie hy is. So bang vir 'n grafsteen dat ek summier sy skriffie moes afhaal  :toothy4:

PM

Ek wonder hoe gaan dit met daai ou jou matertjie.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hy stuur so wan en dan so briefie aan ieder en elk. Wil hom nog aanspreek oor die lui-kommunikasie-metode PM!  :headbang:

Naas

Dalk is die kommunikasie van annerkant die epitaaf af. Dan is die medium nie so goed nie en vat dit baie tyd om deur te kom?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Dink nou aan epitaaf vir die leier:

Hier le Zuma
dood het sy mond kom toema(ak)
Tel nog op sy vingers te weet
dat twaalf-en-dertig wurms
aan sy karkas vreet.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Bulder ek onvroulik! As ek 'n snor begin groei Naas, stuur ek vir jou die rekening  :toothy4: Sooooo lekker om weer ietsie te lees uit jou humoristiese pen.

Fransi