• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vergeet se salf

Started by Naas, December 09, 2012, 08:41:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Wanneer ek soms,
in die beenkamer van my huis ronddwaal
en wegkruipertjie speel met ek,
blyk ek verwonderd te word
deur die deurmekaarheid
van die store in die grysmassa.

Hoe kan logika so verward rondlê
in die gange van jare se opgaar?

Wanneer ek vergeet se hope afstof
en blink politoer vir onthou
kry ek seermaakgereedskap in die kaste
wat liewers op 'n motorhuisverkoping hoort.

Dit waaroor my siel so struikel
en my tot opswelletsels toe laat val.
Waarom al die jare saamgesleep
deur selfgemaakte hel?

Dan die seer besef...
My beenkamer het nie 'n uitgooideur nie.
Daar is net vergeet se stof
wat salwend neersif
om seer se onthou toe te maak.
En as ek ophou afstof...
dan vee vergeet die seerkry uit.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Die emosies wat deur jou lyne eggo is vir my keer op keer 'n ervaring wat geen geld kan koop nie Naas! Ek kyk vanoggend na my eie blinkgepoetse onthou's wat verward na my staar  :crybaby2:

Fransi


PM

Pragtig geskryf Naas. 

As daardie seer onthous by my kamer probeer insluip, maak ek die deure toe en laat hul in hul eie trane versuip. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Nou toe nou. Dis ongelooflik.

Bly om te hoor dat nie net myne so lyk nie.  :icon_biggrin:

Baie goed verwoord  :icon_bigsmurf: Ek is so lief vir jou skryfpatroon.

:angel12:

Rainier