• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wat is jou gunsteling onderwerp om te gesels.

Started by PM, December 08, 2012, 10:47:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek sou graag wou weet wat is vir jou die lekkerste onderwerp om oor te gesels. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Kuns, skryf, sielkunde, kriminologie en sommer-net geselsies.

Ah Willa

in hierdie orde :

My verhouding met Jesus Christus
omgee en hoe om uit te reik op te lig en the help
Geneology
die sake van die hart, gees en verstand
die werking van die brein
honde honde honde honde honde en soms ook katte, rotte, spinnekoppe en nog honde honde honde ...
handgemaakte items ... gebak - tot houtwerk
en dan nog baie dinge ... eintlik is my belangtelling wyd --- die dat ek 'n vinger in elke pie het, maar nie noodwendig die pie opeet nie ... Jack of all trade master of none soos hulle eintlik se .....  :love7:

ek haat dit net om in geselskap te wees as daar geskinder word ...
en as die vrouens 'n uur lank redekabel oor watse seep die beste is om watter kol uit wasgoed te verwyder ... ek sterf liewers 6 doode as om deel te neem ......
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Gawelina

Kerriekos en kinders.  Hahahaha! Verder swyg ek nou liewers!

Naas

Ek gesels nie Godsdiens op 'n Forum nie. Het my les geleer so ek vermy dit soos die runderpes.
Politiek hoort saam met die grappies in die kroeg en alle ander onderwerpe is lekker om te lees. As ek voel ek kan dalk bydra, maak ek so anders geniet ek maar dit wat ander te se het.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek lief gesels, gaan gewoonlik oorboord en geniet alles in kletterende hoofletters. Soos Naas verkies ek ook om die 'diep' geestelike geselsskappe op forums te vermy, veral as daar klippe gegooi word. Geestelike humor is die sonneblom in my hart se tuin.

Naas

En is daai sonneblom nie pragtig nie. Ek loer daar op gavreetboekie. Pittig swart met kanariegeel vlaggies getooi sein hy glimlaggend die aanloopbane vir son se strale. 



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#7
Naas Naas!!! Dankie vir die mooi kompliment. Jou woorde gaan ek bewaar saam met die sonneblom. Dit is perfek gestel  :love7:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2341.0

:book1: :notworthy: :icon_salut:

AB

mmmmmm

seker maar die dinge wat vir my lekker is om te doen.

ek sal so paar hier noem

snorkel, scuba, visvang, jag, kamp, toer, fotografie, steakbraai, wingerd boerdery, wynmaak, en nog so paar goed en soos Naas seg....liewer nie godsdiens op forums nie en ja politiek is ook net vuilspel en hoort in die asblik.