Author Topic: Sprokies wat nie lieg nie.  (Read 4556 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Sprokies wat nie lieg nie.
« on: December 06, 2012, 06:16:25 PM »
Almal ken al die variasies wat Rooikappie en kie oor die jare gekry het. Al die denkbare moderne euwels is al daarin vasgevat. Dalk is daar nog 'n paar wat ons kan omdraai en op ons samelewing van toepassing maak.

In die ou storie het die Leeu uit sy maag gelag toe die muis hom vertel dat hy hom sal help. Later, toe hy rêrig in die warm water is, het die kleine fyne muisie hom wraggies gehelp. Vandag sal die muis waarskynlik weer help, maar hy sal blerrie vinnig moet spore maak daarna as hy nie die leeu se peuselhappie wil word nie. In nog 'n moontlike variasie sal die leeu ewige vriendskap aan die muis belowe, maar net sodra die stof gaan lê het, nooit weer muis se gedagte kry nie, laat staan nog vir muis bystaan as hy hulp nodig het. Ek sien in my verbeelding 'n grynslag en belustige kyk in die leeu se oë.

Die boontjies wat Jan op die mark gekry het, sal heel waarskynlik nie groei nie. Indien dit wel wonder bo wonder groei, kan jy met heelwat sekerheid weet dat die goue eiers vervals is en dat die Reus aan een of ander bende behoort. Jan se ma is dalk die produk van huishoudelike geweld en sy pa sit in die tronk vir moord. Jan is 'n snotneus seuntjie met tikwalms in sy oë en die tekens van mishandeling op sy lyfie.

Die Keiser se nuwe klere het waarskynlik op die lughawe saam met sy ander bagasie weggeraak. Dis 'n internasionale skandaal en die plaaslike regering blameer die insident op apartheid. Was dit nie vir apartheid nie, sou die beamptes kon lees en dan sou die tas nie misplaas wees nie. Niemand noem dat genoemde beampte nooit skool gegaan het nie, want hy was een van die geïntimideerde stakers wat oral aan protesoptogte deelgeneem het.

Die heks van Hansie en Grietjie was die meesterbrein agter die sindikaat wat in kinderpornografie gespesialiseer het. Sy het kinders verkoop as seksslawe en ander onnoembare euwels. Hansie en Grietjie was moontlik spioene wat in opdrag van die FBI 'n lokval vir haar gestel het.

Ons bly in 'n siek samelewing as jy dink dat kinders van vandag eerder hierdie weergawe sal glo as die oorspronklike sprokie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #1 on: December 07, 2012, 04:58:34 AM »
Dit is presies hoe dit vandag gaan.  Mooi geskryf Gawie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #2 on: December 07, 2012, 09:01:30 AM »
 :hello:

Dit is hoekom ek so lief is vir sprokies. Dit word nooit oud nie. Die boodskap mag dalk van generasie tot generasie verskil, maar dit het altyd 'n boodskap. Iets wat op 'n sagte manier lesse en waarskuwings kan bied en wat ons maklik en amper vir altyd onthou en in sprokies wen die goeie altyd. Soms dink ek sprokies is veral vir grootmense bedoel of dat 'n mens eers hulle werklike waarde raaksien met ervaring.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #3 on: December 07, 2012, 09:06:00 AM »
Fransi, jy slaan die spyker op die kop.  Ek het Dinsdagaand opnuut die waarde van sprokies besef toe ek my nefietjies so op mhy skoot hou en vir hulle al my gunstelinge vertel.  Ons het aldrie saam met die wolf na die varkies se huisies geblaas en ons het gelag toe wolf by sy ma sy huis in 'n koue bad spring om sy boude af te koel.  Daarna het ons aldrie saam met Gouelokkies deur die drie bere se huis geloop en "verwoesting" gesaai en toe hulle tweetjies so op my skoot aan die slaap raak het ek gewonder hoekom ander onskuldige kinders deur die lewe moet gaan met letsels in hulle later jare.  Baie mense beskou die kinderstories as duiwels en selfs sommige van ons CVO skole verbied dit.  Ek beskou dit as 'n noodsaaklike deel van my kinders se grootwordproses en is 'n groot voorstander van verbeeldingspeletjies.  Ek verstom my altyd aan die kinders se kreatiewe denke.  Tog is dit hartseer om te sien hoe hedendaagse televisieprogramme die kinders se ervaringsveld korrup gemaak het.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #4 on: December 08, 2012, 10:18:48 AM »
Ek dink as ons ooit kinders kry, sal ek hulle ook grootmaak met sprokies- die weergawes wat ek ken.
Ek onthou hoe ek toe ons klein was in die aande vir my sussie gesê het sy moet net teen die dak kyk en dan sal sy al die karakters sien waarvan ek haar vertel. Ek kan nie meer die karakters in die storie se name onthou nie,maar dit het gegaan oor 'n eenoogreus en 'n feetjie wat weggeloop het en hoe hulle op die ou end vriende geword het. Ek dink nie ek sou so eie stories kon opmaak en my verbeelding vrye teuels laat gaan het as ek nie met sprokies groot geword het nie. Dit is nou nog 'n lekker herinnering vir beide my en my sussie.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #5 on: December 10, 2012, 01:21:10 AM »
Verstommende hoek waaruit jy hierdie 'siek-sprokies' vir die leser voorhou deur te vergelyk met die bekende sprokies waarmee ons groot geword het Gawie!!  :notworthy: :icon_salut: My hart sink in my skoene as ek na die beeld kyk wat die twee skep teenoormekaar  :crybaby2:

Offline Wikus

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 11
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #6 on: February 04, 2013, 02:36:58 PM »
Hi G,
En die drie varkies?
Eerstens is dit teen sekere gelowe om varkvleis te eet, dus is die wolf "onvanpas", Die varkies het in verskillende huise gebly dus is dit apartheid se skuld dat hulle nie almal HOP huise gehad het nie. Toe die wolf in die warm water val, het hy die varkie gedagvaar en hom kaal uitgetrek deur sy skelm/slim prokureur.
Ja die wereld van kinderstories soos ons dit geken het, is verby.

Met 'n goeie verbeelding kan ons seker nou nuwe stories skryf. Gee 'n bietjie lyding wat die jeug vandag verkies??
Groetnis :munky2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #7 on: February 04, 2013, 03:39:35 PM »
Ek sou ook graag wou weet wat kan 'n mens skryf vir vandag se kinders en jongmense.  My verbeelding strek nie so ver nie.   :icon_biggrin:

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #8 on: September 09, 2021, 08:18:37 PM »
Sneewitjie en haar prins is getroud, vyf jaar later gelukkig geskei en baklei tot vandag toe nog oor besoekregte en onderhoud.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #9 on: September 09, 2021, 11:01:52 PM »
..'n foto van (geneem deur die mammaratzi) Sneewitjie en haar nuutste liefde (sy was voorheen glo 'n kaalbasmodel) het sosiale media ophol.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #10 on: September 12, 2021, 04:05:13 PM »
Almal wil weet van die buite-egtelike rooikoppie wat sy versteek.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #11 on: September 12, 2021, 04:54:02 PM »
Ou oom le op sterwe.
Se vir sy ou vrou sy moet asseblief eerlik wees. Hulle het vier kinders, drie blonde kinders soos hy en een rooikop.
Sy laaste versoek aan sy vrou: Se asseblief vir my waar kom die rooikop vandaan?
My ou man, die rooikop is jou enigste kind.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Sprokies wat nie lieg nie.
« Reply #12 on: September 12, 2021, 04:56:25 PM »
My pa het altoos gesê 'n mens moenie te veel vrae vra nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.