Author Topic: As die kroegvliege se tonge los raak  (Read 7624 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
As die kroegvliege se tonge los raak
« on: December 04, 2012, 11:41:16 PM »
Naas:
Ek ken 'n goeie dokter. Johny Walker. 'n Stywe dop en 'n lang wandeling en die moermeter is weer in die groen. Eeeeeen!! Die arme hond slaap weer alleen.

Hoe rooier die dop, hoe seerder die kop.

Gawelina:
*Daai parra het my seningwees in garings nou.

*Dêm, was amper lekker. Toe verloor ek weer 'n steek.

*PM, jy is so skerp soos 'n minora blade. Klim uit die messelaai jou stouter!

*My boklammers wip op en af soos ek nou lag vir die kroeg digstruktuur.

*Wag, laat ek my gedra. Netnou skrik ek 'n potensiële kroegvlieg af.

blexim:
*Ek is bly om te sien dat Meraai-van-waar-ookal hier ronddwaal. Hoop dat sy weer haar pen in die Forum inkpot sal kom steek en 'n paar versies en dingilmandêries sal kom los skrywe.

*Belê in 'n speltoetser. Dan skruif en druif jy aantygings beterder en beterder...

*Daar is weer ‘n gedruis in die spul henne se hok op die Woes

*Jille twee miffrouens het nou so mooi verduidelik, dat blexim ook nou die sakie kop. Moet erken dat ek 'n nat hond geruik het.

*Wat ons nie van hou nie en nog minder laaik, is dwepende skeef trappers wat vir 'n bounis lieg dat die biesies bewe.

*Een van hierdie spul se snotkop gebroedsels het 'n week gelede my skedonk se jille gat poerdes moerdes gery.

*Moet 'n niewe ding van die spietkoppe wees. Om ons siele se plaksels te redigeer

*Jis! Spietkop Juenka sal dan seker voor haar eie deur vee, voor sy ons gaan by kom.

*Nou moet jy daai naalde eenkant toe smyt en meer kontsintreer op die skryfsels my chaaina.

*Ja, ek glo en hoop ook dat die enkele mense wat wel van tyd tot tyd hier deelneem, nie hierheen kom om 'n tak of 'n boom deur die ander mense se agterente te trek nie.

Indien dit wel die geval sou wees...so be it. Uiteindelik sal die waarheid tog oorwin en sal sulke abjaters nie 'n baie lang rakleeftyd kan geniet nie.

*Hoop maar dat Gawes nie weer aan't truie brei is vir die Sonskyn Susters ...

Juenka:
*Hoe ouer die bok, hoe vuiler sy hok!

*Dammit ek is screwed.

*My gesig het nou so gedrop dat ek dit op die vloer moes optel.

*Ai tog ek dink ek moet terug gaan mars toe met my metal musiek en pagan tattoe.

*Ek dink ek is soos die koffiebone, as ek stress ervaar dan pee ek ook in die water.

*Ag ignore my, ek het 'n stok skeef in my hol op.

*Jong ek haat dit om spietkop te speel want my boude is nie groot genoeg nie

*Oog vir 'n oog sal ons almal blind maak.

*Enige droomman lyk soos 'n nagmerrie daai tyd van die maand.

*Hou vir vroulief gelukkig en sy verras jou dalk in haar vermoe om jou tone te laat omkrul

Piet Magriet:
*Die antwoord wat ek soek lê opgesluit daar iewers waar my brein nie kan bykom nie.

*Bome is 'n piepieplek vir manne en 'n koelteplek vir vroue!

*Ek is so oud dat al my geraamtes in die kas al tot stof is!

*Ek kom nou eers hieraan en die partytjie is lankal verby!

*Lyk my die jaar is besig om te draai, daai tier is besig om sy 0 te sien.

*PM is 'n haas met die maan gepla! Sy weet my pel!

* Die spreker by 'n byeenkoms sê dat hedendaagse mans so onbetrokke by hul vrouens is, dat hulle nie eers weet wat die vrou se gunsteling "flower" is nie. Haak Koos af en sê: Self raising flour!

*As jy 'n bossie in jou tuin sien, buig jou knieg en pluk dit uit anders het jy sewe jaar se bossies om te beskry. Gelukkig dra hondepoep nie saad nie.

*Almal was "geshit, geshave, geshampoo en gedress vir die occation."

*Stiltegeluide is slegs geluide wat 'n mens kan hoor as daar 'n dosestilte heers!

Lorraine:
*WHAT THE FRIKKADEL . . . . !!!!!!!!

*Skink vir my solank 'n enkeltjie, sal netnou die kap van die byl agterkom!

bloubefoeterd:
*My oupa, jis my oupa was 'n hengse slim ou. My oupa het altyd geseg:As jy agteruit in die toekoms in loop gaan jy struikel en jou gat sien.

Mel:
*Weet julle hoekom is ek 'n "washout"? Want ek is nie BANG om myself te wees nie ...

*Is die drank-en woordvoorraad genoeg?

*My dwalersvoete het nog nie rusplek gevind nie, maar ons sal maar sien wat 2011 vir ons sal bring ...

*as jou "verkeerde ou daadjies" begin boomerang en jou aan die gat kom byt en jy vir 'n hele tyd lank die stront wat jy aangevang het moet maai - sien jy dit as STRAF?

*na my forum breakdown het my cuberkundige my gewaarsku om myself en die virtuele kant van dinge nie te na aan my te vat nie. Dit is sleg vir my spacevertering!

*Moenie in 'n poep lewe nie…vat 'n tree terug en bekyk dan die situasie. Afstand help gewoonlik

WW:
*ou pater daar slaat jy die haas oppie knaters.....

*ja -nee kyk ek het baie respek vir die woorde... tog smaak sommige van hulle bietjie arig/harig oppie tong...

*foejanggaap.... klink vir my meer na n knaap wat n reukie gegaap/gelaat het , wat beslis nie met sy mond gepaart gegaan het nie...

*hehehe... solank die woorde 'n mens net nie met 'n foejangaap gedagte nalaat nie....

*nee.... vedoesel gaatie werk nie...

*persoonlik dink ek wouter jy het die aap aan die ore beet hier...

*stilte ken ek van buite af, maar dit is net in die kop waar stilte ontwyk .....

SueEe:
*ek dra nie rokkies nie... ek dra attitute!
 
Tribalmoon:
Julle moet try om 'n 'hik' barbie te dress 'hik' as jy gekuier is 'hik'

Juenka:
(na sy op eie aanvraag op 'n limiet - 5 vir die dag gesit is) sit daai bebloede maria vir my in die grootste bier glas wat jy het asb.

Annie:
Het ons gister ekstra gaste gehad wat ek gemis het? Hoekom is hier nie skoon glase nie? Lyk soos my kombuis as die kiddies deurnag gekuier het.

Lepinotus Patruelis:
*Meraai, dankie vir die gemaalde dubbel (koffie in die woordkroeg)
« Last Edit: December 06, 2012, 12:29:48 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #1 on: December 05, 2012, 12:24:23 AM »
En soos die penne losser raak; vloei die raad ook oor die toonbank - word ons ingelig (kreatief hoe dan anders) oor die gevare van die wingerde  :notworthy:

Mel:
Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle.
Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan.
Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer

... en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na 'n paar doppe!"  

Dit is nou presies hierdie tipe storietjies wat die nageslag nooit mag uitvind as jy hulle ook in lyn wil hou nie!

Wyse woorde van bertha badprop:
... onthou net om asb aan die regte kant van die draad te wees sodat jy nie later gekastreer word deur jou eie woorde nie.

... die lewe is te kort om met gekrimpte onderbroeke hier rond te dwaal.

Piet Magriet:
Wat goed werk vir die waggelsiekte is twee groooot glase water en twee hoofpynpille voor jy gaan slaap.

Ek kan nie saampraat oor babbelasie nie,
drank vang my te gou
om iets daarvan oor te hou!

Lorraine:
Ek is OP soos bruilofskos. Ek wil nie nou hoes, poep of paniek saai nie, maar ek is so moeg julle sal my drank vanaand met 'n voedingsbuisie EN aarvoeding gee

My vorige predikant se vrou (julle sal mal wees oor haar) het altyd gesê :  "'n mens doen eers en dan vra jy agterna omverskoning!"  

 'n Vrou is eintlik baie meer sensitief vir die sensuele as die seksuele.  Die seksuele kom vanself as die sensuele reg is.

En so draai Lorraine toe wyslik die gesprek en gesels ons oor die bekommerniste (soos in terroriste) van ons voorkomste

Ek sal gelukkig ook nooit aan 'n gesplete persoonlikheid kan ly nie, my lyf is te groot.  Dis die wat ek altyd sê - ek is nie vet nie, ek KORT NOG NÉT 'N KOP - dan is ek 100% reggebou.  

Ek was 'n 10 pond baba.  Dit is dus nie my probleem dat ek vandag so gewigtig is nie, ek is so gebore met daai voorsprong . . .  of is dit nou 'n agterstand???

Kommentaar op die onooglike kurwes:

Aldus Meraai:  Ons het kurwes wat 'n landrot seesiek sal maak  
Aldus PM:  Dit lyk vir my meer na slaggate!

Skuldig begin ons toe dink aan minder eet en Stoffeltjie dra fotos aan van plankdun geraamtes wat nog asemhaal. Raak die woorde anoreksies minder!

Meraai:  Kleine plankie!! (om die of een of ander rede pas grote griet net nie hier nie)
Piet Magriet: Het jy geroep Raaitjie? Hier is Grote Griet!

bertha badprop: en ek in my geboortepakkie is nou nie wat picasso sou kuns noem nie!

« Last Edit: December 05, 2012, 01:14:27 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #2 on: December 05, 2012, 04:43:32 PM »
Dis nou wat ek 'n jolige klomp noem. Bekkig soos my kabouters... Ai, verlang ek nou!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #3 on: September 14, 2013, 09:35:04 AM »
Vanoggend vang hierdie bydrae my oog en ek het heerlik gelag tussen die lyne.  Pragtig saamgevat, baie dankie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #4 on: June 26, 2015, 11:22:19 AM »
Nou weet ek verseker, die ouvrou raak oud  :toothy4: Ek filang vir julle. Arig!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #5 on: September 21, 2018, 05:23:43 AM »
En hier sit ek stoksielalleen met my onheilige gedagtes. Nie 'n kroegvlieg in sig nie. Wonder of hulle geheelonthouers geword het? Waar is die dae toe ons dronk van woorde tussen lyne gestrompel het? Anastasia matertjie, ek skink vir ons twee 'n ietsie. Ek weet jy en Naas sou 'n vrek komiese versie saamgeflans het as julle nou hier was. Nou ja. My glasie is leeg. Laat ek myself bymekaarskraap en die res van die dag aanpak.

 

Ek kort 'n boom... en 'n lag en en en...
« Last Edit: September 21, 2018, 06:52:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #6 on: September 21, 2018, 10:39:33 AM »
Ek hou my glasie ook Raaitjie.  Skink, drink, ringkink en sink in 'n totale toestand van kannieworrie! Kos 'n rand om aan die klub te behoort en as jy nie kan betaal nie     kannieworrie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #7 on: September 21, 2018, 11:40:12 AM »
Kannieworrie - ek lieffffffff dit. Hou suster, hou. Ek maak vol.

Skuus matertjie, ek het die verkeerde knoppie gedruk, niks op jou blaadjie verander nie. 
« Last Edit: September 21, 2018, 11:44:50 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #8 on: September 21, 2018, 11:47:57 AM »
Ek wou skryf van die ou oom wat vir die hoeveelste keer die dag gevra het hoe laat dit is, toe antwoord die tannie: kwart over de rand
Wou die oom weet, kwart over die rand?  Ja seg sy, kwart over de rand van de piespot. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As die kroegvliege se tonge los raak
« Reply #9 on: September 21, 2018, 01:12:06 PM »
 :toothy4: jy maak my nag!!