• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lelies

Started by Naas, May 23, 2011, 01:08:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Naas

Lelies

Ek spin 'n sysag draad
oor wilde lelies.
Lelies purper rooi
onskuldig wit.

Ek raam elke koelgroen blaar
met druppel pêrels.
Pêrels skittermooi
uit oggend dou geleen.

Dan wag ek vir die oggendson
Om lig te gooi op kunswerk.
Kunswerk op te tooi
Met straaltjies warm liefde.
Liefde vir die lelies,
lelies purper rooi
onskuldig wit.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is voorwaar 'n kunswerk Naas!  So sysag, onskuldig wit, met straaltjies warm liefde!   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek is seker julle ouens het hierdie mooi gedig mis gelees.  Dit is so mooi!
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Absoluut pragtig.
En wie se mans kan nie ook die pragtig in die natuur raaksien nie.
elle