Author Topic: Parodie  (Read 5780 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Parodie
« on: December 03, 2012, 02:42:14 AM »
Hier word die oorspronklike storie/feëverhaal herskryf met 'n kinkel in die kabel.

Rooikappie:
Sy het met 'n mandjie vol woorde
deur die bos geloop
om vir Ouma te gaan kuier:
sy wou Ouma se hart warm en bly maak …

woorde wat sy uit vanmelewe se
kiekieboeke gaan soek het,
woorde wat van ver en van lankal af
saamgery het
op die ossewa, die perdekar
en die pink Vauxhall
wat haar ma soms bestuur het:
woorde soos waenhuis, wrintiewaar
en wêglê…
kattebak, karkoer, kerkhof
en kammalielies,
gonna, genugtig, gits
en groenegagie,
desnoods, duwweltjie, draadloos
en duimspeld,
aikona, allamapstieks, abba
en aanwensel,
pittig, pennie, populier
en porselein…

Toe Rooikappie by Ouma kom,
het sy uit die saaidbord vir hulle
breekgoed gehaal
en hulle het
kenfroet geëet vir brekfis !

(so waar as padda manel dra!)

© Sussa (Elizabeth)

« Last Edit: December 03, 2012, 02:46:25 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Parodie
« Reply #1 on: December 03, 2012, 02:48:52 AM »
Naas: Drie beertjies

Drie beertjies het in die bos gaan loop.
Toe hulle by die huis kom sê Pa beer: Wie het my pap geeet?
En die baba beertjie sê: Wie het my pap geeet?
En die Ma beer sê: Hou op kla. Ek het nog nie pap gemaak nie.

Drie varkies
Die drie varkies wou die wye wêreld ingaan om vir hulself te sorg maar die kraal se hek was toe.

Aspoestertjie
Haar stiefma wou haar nie na die koning se bal laat gaan nie, toe loop sy met die posman weg.

Hansie en Grietjie
Hansie en Grietjie se pa het hulle in die bos gelos toe gebruik hulle die GPS op Hansie se selfoon om weer hul huis te kry.

Piet Magriet:
Daar was eendag ‘n koei en ‘n mossie wat groot maatjies was.
Net waar die koei gegaan het kon jy die mossie kry.
Die mossie het altyd die mieliepitte wat onverteerd in die koeimis was, opgepik.
Toe eendag val ‘n miskoek op die voëltjie se kop.
Die mossie was baie verontwaardig en klap sy vlerkies en skreeu vir die koei.
Ongelukkig het ‘n valk wat daar verby gekom het die mossie geshoor en hom opgeraap.
Die motto van die storie? As jy in die moeilikheid is moet jy jou bek hou.



« Last Edit: December 03, 2012, 03:58:25 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Parodie
« Reply #2 on: December 03, 2012, 03:56:31 AM »
Ek hoop elke ou gaan skryf nog 'n parodie.  Dit is kostelik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Parodie
« Reply #3 on: December 03, 2012, 10:59:25 AM »
Ek lief dit!

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Parodie
« Reply #4 on: December 03, 2012, 07:23:39 PM »
Hehehehe kry ek nou so lekker lag vir julle!

Die rooi hennetjie het die koei en die vark en die skaap met 'n AK47 gedwing om die koringkorrels te plant. Daarna het sy Mosambiekse vlugtelinge gebruik om dit nat te gooi en uiteindelik te oes. Die meulenaar was 'n eertydse lover en sy het hom "geblackmail" met seksvideo's sodat hy die meel gratis gemaal het.  Daarna het sy Sewende laan se Deli gebel en hulle het vir haar die brood gebak. Sy en haar kuikens het die brood vir aandete geëet nadat sy die kuikens met 'n dreigende daling in sakgeld gedreig het as hulle weer hul neuse optrek vir haar kos.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Parodie
« Reply #5 on: December 03, 2012, 10:58:05 PM »
Eendag was daar 'n dief wat rondgesluip het tussen lyne van die ABC. Sy het haar maters rot en kaal besteel (met toestemming vooraf verleen) Soms het sy net 'n boodskappie gelos: Doet so voort assebliefie - I'll be back. 007.
 :love7: :notworthy: :book1: :icon_salut:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Parodie
« Reply #6 on: December 04, 2012, 08:19:39 AM »
Daar's 'n hoener wat 'n eier nie kan lê
Daar's 'n hoener wat 'n eier nie kan lê
Daar's 'n hoener wat 'n eier nie kan lê
Dis die haan wat op die kerk se toring staan.
Dis die haan, dis die haan, dis die haan wat op die kerk se toring staan.

Daar's 'n perd wat op komando nie kan gaan
Daar's 'n perd wat op komando nie kan gaan
Daar's 'n perd wat op komando nie kan gaan
Dis die perd wat op die whiskey bottel staan.
Dis die perd, dis die perd, dis die perd wat op die whiskey bottel staan.

Daar's 'n kanon waarme jy mense nie kan skiet
Daar's 'n kanon waarme jy mense nie kan skiet
Daar's 'n kanon waarme jy mense nie kan skiet
Dis die kanon van die Gunston van Oom Piet.
Dis die kanon, dis die kanon, dis die kanon van die Gunston van Oom Piet.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Parodie
« Reply #7 on: December 04, 2012, 08:28:45 AM »
Gawie, die titel?  Die afdwingbare hennetjie.   :icon_biggrin:  Baie mooi. 

Naas,
Daar's 'n man wat sy vrou nie kan vry nie x3
dis die man wat op reise weg gegaan.

Daars 'n kameel wat water nie kan drink x3
Dis die dier wat op die anner pakkie staan.
Om te weet is om te verstaan.