• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Carpe Diem Gedigstruktuur

Started by Meraai vannie Baai, December 03, 2012, 01:12:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

*met spesiale dank aan Piet Magriet vir die pragtige uiteensetting en voorbeelde

Carpe Diem: Hierdie styl is ontwikkel deur Pat Simpson, die 15de Augustus, 2010. Carpe diem is 'n Latynse uitdrukking wat beteken "gryp die dag" of "leef vir die dag".

Jy kan enige onderwerp kies wat jou gelukkig maak.

Die styl bestaan uit tien versreëls en die lettergrepe is as volg:

Tien reëls:
1 = 8 lettergrepe As ek in my tuin sit en wag
2 = 6 dat die voëls nader kom
3 = 4 dan klop my hart
4 = 2 bonsend.
5 = 10 Ek is dankbaar vir hierdie genade.
6 = 2 Plesier
7 = 4 kom in een vorm
8 = 6 hierdie tyd van die dag,
9 = 8 wanneer ek rustig sit en wag
10 = 10 vir my gevleulde vriende om te kom.

Nog 'n voorbeeld:

Damian
As ek jou groot blou ogies sien
en jy jou handjies so om my
ou rimpelgesig vou
my sopnat soen
weet ek
dis suiwer liefde uit jou babahart
opreg
sonder voorgee
ou bekende vreugde
my dankbaarheid sonder grense
wonder of jy weet hoe lief ek jou het.

© PM