• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

the sea

Started by Louis, May 23, 2011, 12:30:08 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

Your wrath
your kindness
ever changing ways
not for one minute
are you ever the same

you change your behaviour
as your colours change
your tempestuous moods
intrigue and are strange

though you damage and you destroy
you break and you toy
and despite your evil moods
I will always love you

you bring solice to my soul

PM

Kom krap ek hier rond tussen jou gedigte en kom op een af wat ek nog nie eers gelees het nie.  Oeps!

Die see en haar buie, pragtig Louis.  Dankie vir die deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

In this piece of work, you have captured my exact feelings for her.
I cannot even start imagining my life without the oceans and her moods.
All those special moments spent with my loved ones with her so close by.
Indeed, she brings solice to ones soul.
elle

PM

Julle laat my nou verlang na mense wat ek nie eers ken nie!  Ek  mis die see!  Ek mis julle!   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek verlang net so baie na die see.
Toe ek in Table View naby Blouberg gewoon het, het ek Sondae vir ure op die strand deurgebring.
Seli 1 was soos 'n swaar gewonde dier wat besig was om te sterf en ek kon haar nie uit my gedagtes kry nie.
Nou woon ek bietjie ver en kom nie gereeld daar nie, maar soggens wanneer ons om Durbanville Heuwels ry en die kom met skepe wat voor die hawe wag en Robben Eiland le doer in die mis.... ai man.
elle

PM

Een ding wat ek nie voorsien het met "ons eie plekkies" nie, is die heerlike geselsies wat ons so op mekaar se werfies gesels.  Dit is kielielekker. 

Ek het al vergeet van Seli.  Wat het toe van haar geword?
Om te weet is om te verstaan.

Y

Gister vir Seli gesien.  IS nou net 3 lang, geroeste stukke in die water, met 'n hyskraan bo-op alles.

Dit lyk maar sleg.  Ek wens iemand wil haar gaan opbreek en die yster gaan verkoop.  Ek wonder hoeveel sand 'n mens sal moet aanry sodat 'n mens tot by haar kan loop sodat die skrootwerfskepsels haar onder hande kan neem en iets nuttigs vir die gemeenskap kan doen.

Ek is spyt dat ek nie 'n foto geneem het nie, maar die wind het omtrent gewaai en dit was maar onplesierig aan die ander kant van die straat.

Angelica

Dankie vir die vars nuus oor Seli, Y.
Yip, nog net die ribbes wat oorbly.
Die van julle wat Robelle geken het.... Sy het my daarna gevra, maar ek het nooit die geleentheid gehad om haar te vertel hoe Seli op daardie stadium gelyk het nie.
Ek wou dit vir haar gaan wys.
Ongelukkig is sy dood voor ons ons vakansie by Beach Camp kon he.
elle

PM

Dankie Y, ek verlang na julle, maar daai wind was een te veel vir my.  Sal maar wag tot hy gaan lê.   :icon_biggrin:

Het jy nog die foto's van die wrak by Jacobsbaai?  Indien wel kan jy dit vir ons kom plaas?  Lyk my ons grou ou wrakke uit die see.   :icon_biggrin:

Dit is jammer van Robelle Angelica.  Ons het die funksie wat sy gereël het in die Kaap gemis met Hannes se siekte en toe sy hier in Pretoria was, net voor haar dood, het ons wraggies weer 'n krisis gehad, en ons het haar weer gemis.  So jammer tog.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dit was 'n baie hartseer tyd verlede jaar toe ons weereens 'n visbraai naweek gehad het.
Tente is bespreek vir ons, maar 'n week voor ons vakansie, is sy dood.
Ek mis haar nog steeds.
elle

Y

Ek sal 'n bietjie loer vir die foto's PM, maar ek het pas van twee rekenaars ontslae geraak en begin nou twee ander gebruik, so my programme, data, admin, foto's en sommer alles wat op die rekenaars was, is iewers ingedruk en ek moet dit nog uitsorteer.

PM

Ek verstaan daardie deel Y.  Het ook pas van Vista na 7 oorgeskakel en my goed is erg deurmekaar.
Ons wag geduldig, baie dankie.
Om te weet is om te verstaan.