Woordskuur > Uit die ossewa se medisynetrommel

Kruie-kure

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
ONTGIFTINGS KRUIE:
*Kruie soos pietersielie, kamille, hisop, sitroenkruid, duisendblad (te sien by Rina Greeff se foto & inligting), tiemie en varkoortjies dien ook as tonikum wat die liggaamsorgane vernuwe.

*Tiemie en varkoortjies is bekend as kruie vir ‘n lang lewe.

*Hisop, sitroenkruid, duisendblad, vinkel en seldery kan gebruik word om die werking van die lewer te versterk en die bloed te reinig.

*Duisendblad en pietersielie steun die niere en urienstelsel, en rooipeper (of enige ander rissie wat jou laat sweet) en peperment dien as sweetmiddels.

*Ment bevorder ook die spysverteringstelsel, so ook salie wat help om vetterige kosse af te breek.

MEDISINALE KRUIE
*Artritis en rumatiek: Centella asiatica, wilger en duiwelsklou.

*Asemhalingstoestande: Fakkelkruid, smeerwortel, salie en bloekom verlig asemhalingstoestande.

*Bednatmaak: Marjolein en kattekruid.

*Bloedsomloopprobleme: Bokwiet, gesiggie, cayenne-peper, gemmer en centella asiatica.

*Geheueverlies en vergeetagtigheid: Salie, ginkgo biloba en centella.

*Haargroei: Brandnetels en roosmaryn.

*Hoë bloeddruk: Nieskruid, meidoring en seldery.

*Hoë cholesterol: Gemmer, hawer en gars.

*Hoes en verkoue: Salie, peperment en teeboom.

*Hoofpyn: Viooltjies, vinkel en laventel.

*Jig: Seldery en brandnetels.

*Lewertoestande: Melkdistel, perdeblom en pietersielie.

*Spanning, angs en slapeloosheid: Kamille, sitroenkruid en laventel.

*Veltoestande: Aloe Vera, nieskruid, vlierblomme, reuse-aandblommetjie, komkommerkruid en gousblom.

Fransi:
So interessant!

Meraai vannie Baai:
Dankbaar buig ek die knieg en lig my hoed vir jou toestemming verleen Rina Greeff,
dat ek hierdie in ons woordskuur se kruierak mag uitstal en bewaar  :notworthy:

Duisendblad, of Yarrow (Achillea millefolium), is ’n nuttige fynblaarkruid
met anti-inflammatoriese en kiemdodende eienskappe.

Dit word gebruik as 'n diuretikum, en is nuttig by hoë bloeddruk en neusbloeding.
Die duisendblad is goed vir die spysverteringstelsel en help veral om die immuunstelsel
op te bou wanneer jy sukkel om te herstel van 'n verkoue.

Dié plante lok skilpadbesies en ander roof-insekte wat skadelike insekte vreet!
Maak 'n aftreksel van ¼ kop. blare en 1 kop. kookwater en laat 5 min. trek.

PM:
Dankie Raaitjie vir die "afbid" en plaas van die nuttige inligting.  Dankie Rina vir die deel. 

Fransi:
 :hello:

Nou ken ek ook die Afrikaanse naam- duisendblad. Baie dankie, Meraai en Rina.

Yarrow stop ook bloeding, is pynverdowend en kan muskiete wegdryf. Die blommetjies kan gebruik word as 'n deodorant en die wortels help ook vir tandpyn. 'n Mens kan ook 'n oogspoel daarmee maak vir seer oë en dit help met aknee, vel-uitslag en stukkende hande.
Iewers het ek ook gelees dat dit vir insek en slangbyte gebruik kan word. Die slangbyte sal sekerlik net wees vir totdat jy die persoon by die hospitaal kan kry.
Die esoteriese gebruik daarvoor is vir moed, 'n gelukkige huwelik, liefde, psigiese bewussyn, beskerming en langlewendheid.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version