Author Topic: Uit die wynvat  (Read 12677 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Uit die wynvat
« on: December 02, 2012, 03:11:56 AM »
Piet Magriet: Welkom

Welkom hier by die drankbare drinkersusters se nes
Hier gaan alles! Ons sqeeze en ons teeze
en ons rook en ons suip en ons gaan lekker mal!

Kan ek vir u enetjie skink met twee vingers soet rooi stropies
en 'n voet gemmerlim of verkies u 'n tequilatjie
Sheilatjie?
 
Ag ekskuus
daar sluk ek jou in
maar wie't vir jou gesê
jy kan hier in my rooiwyn kom lê.

~~~~~~~~

Meraai vannie baai:
 
 ©
 niemand het vir my gesê
 dat ek nie mag kom lê
 in jou rooiwyn
 nou zoem
 ek voort
 waar
 jy
 my
 nie
 wil
 hê
 bzzzzzzzzzzzzzb
 
~~~~~~~~

Piet Magriet


 Dit wil vir my lyk
 jy het jou vergryp
 aan die lag van my wyn.
 Solank jy net "happy" is
 en ek my vergis
 oor die toestand van jou "pyn",
 en jy is gladnie gedoem,
 kan jy maar rustig voort zoem!

~~~~~~~~

Angelica

Rooiwyn
gaan saam met knettervuur
in die kaggel ook.


Al wat jy dan nodig het
is geselskap
en 'n hond by jou voete.

~~~~~~~~
 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Uit die wynvat
« Reply #1 on: December 02, 2012, 02:06:03 PM »
Hê-hê, daardie gogga zoem nounog hier in my maag.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Uit die wynvat
« Reply #2 on: January 03, 2018, 01:24:15 AM »
Loer ek vanoggend met heimwee (ja ek lief my wyntjie) na ons vaatjielyne.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Uit die wynvat
« Reply #3 on: January 06, 2018, 12:20:46 PM »
Sowaar!  Hier het ons darem sommer so uit die "top van jou kop" geskryf!  Sonder om te dink of te redekawel.  :hello2:

Ek lief dit as my gatseggies werk!   :toothy4:

 :pottytrain2:  Ag nee, al weer die verkeerde een.   :angel12:   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Uit die wynvat
« Reply #4 on: October 18, 2018, 07:02:51 AM »
Ek moet hier net noem ter verduideliking - hierdie gewynde verse het ek gegaps uit ons vorige kommentare by die ou forum en in versvorm bewaar. Dit was ons skrywers se eie woorde, net geskommel deur die woorddief. Wat 'n vreugde was dit nie.

PM, ek hoop die nuwe gogga in jou maag het ophou zoem, sien jy het erens genoem dat jy nie te wel is nie  :crybaby2:
« Last Edit: October 18, 2018, 07:16:23 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Uit die wynvat
« Reply #5 on: October 18, 2018, 10:11:52 AM »
Dankie vir die omgee sustertjie.  Vir drie dae het ek sleg les opgesê, maar toe besluit ek om die gogga te versuip in 'n "glasie" rooiwyn.  Hy lê iewers en hik, maar vanaand versuip en hom totaal en al, so 'n wynfraat!.   :icon_biggrin:   Spelfout!  Wynvraat.   :nono:
« Last Edit: October 18, 2018, 10:16:08 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Uit die wynvat
« Reply #6 on: October 18, 2018, 10:38:36 AM »
Daardie rooiwyn is ook DIE beste medisyne vir 'n verkoue wat dreig. Outop glo so drie glase is die regte dosis en vir myself het ek menige maal al 'n maagkiem verjaag met 'n gebedelde bier by Outop. Kan sweer by bier vir omgekrapte maag.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Uit die wynvat
« Reply #7 on: October 18, 2018, 01:54:34 PM »
Dit klink vir my na die beste medisyne.  Ek wag net dat die vliegtuig oor vlieg, dan "slat" ek daai bier "lat" hy weet!   :icon_biggrin:   Ek sal jou op hoogte hou.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Uit die wynvat
« Reply #8 on: October 18, 2018, 03:59:53 PM »
...maar Paulus het mos vir Timoteus gese hy moet wyn drink vir die maag  :icon_biggrin:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Uit die wynvat
« Reply #9 on: October 18, 2018, 11:16:58 PM »
Die beste raat vir 'n onstelde maag - so reg uit die Bybelse Wynvat - inderdaad Anton  :icon_biggrin: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Uit die wynvat
« Reply #10 on: October 19, 2018, 10:58:01 AM »
Ek be-aam dit.  Eers 'n glas bier en dan drie glase wyn en jy vergeet van pyn op die maag.   :read2:
Om te weet is om te verstaan.