Juenka:
*Daai boots is amper so gevaarlik soos my boobs. Ek bedoel nou in gewig.
*Na vandag wens ek dit was al gister!
*Ek het genoeg hare vir sewe kaal koppe. Het ook 'n natuurlike liewe Jesus perm.
*Glad nie maer nie maar ook glad nie gepla nie.
*Ek dra ook nie 'n rok ooit nie. Ek het 'n paar heavy metal t shirts waarmee ek met trots in die winkel rondloop.
*Make up - nee wat ek dra dit net as ek spook-spook saam met die kinders speel.
*By skoolfunksies sit ek heel agter by al die ander stout kinders en as my kind op die verhoog kom skreeu ek woooo wooo met my arm wat woes swaai.
*Ek ry 'n Nissan wat uitmekaar uit val al kan ek 'n nuwe kar bekostig.
*Ek draai my rug op rassistiese aanmerkings en staan op as iemand verneder word. Ek meng my soms met die semels maar sorg darem dat die varke my nie opeet nie.
PM:
*Ek sê mos, toe ek dertig was het ek gedink ek het die hele wêreld se kennis en ervaring, nou is ek twee maal ouer en nou besef ek eers ek weet nog net 'n klein bietjie, maar ai, more het ek dit ook weer vergeet.
*As ek eendag groot is gaan ek vir my 'n huisie daar koop. Een teen die rotse, daar waar die "stinkes" bly. Die wat stink van die geld!
*Vertel nou net vir my wat wil jy met kennis maak wat jy nie gaan gebruik nie? Sal dit nie daar lê om jou te koggel nie? Sal jy dit nie wil probeer om te sien of dit werk nie?
*My pa het altyd gesê, moet nooit iemand anders se intellegensie onderskat nie, hulle mag dalk net nie so dom wees as wat hulle lyk nie.
*Welkom Mis Piggy, nou is ons weer die vier "rakkertiers". (Gruwelsusters)
As ons gas nou opdaag is ons 'n mooi vers. Die kwatette en die koetotte!
*Maar my faks, dit is flippen eensaam! O hallie ha! Waar is Mevrou Varkie, ek mis haar stukkend by hierdie gesprekke!
*Buiten vir die mooi sterretjiesaande het die kragonderbrekings baie mense se finansiële ondergang beteken. 'n Hele paar het hul kerse aan alby kante gebrand en toe nie die mas opgekom nie.